
'n Trotse mnr. Sigi von Lüttwitz, middel, ontvang hier die trofee vir die Kampioen van kampioene (grootvee) van mnr. Chrischen Olivier (links) van Standard Bank Namibia vir dié Simbrakoei. Die touleier is mnr. Hendrik Jager. Dié koei is ook aangewys as die Simbras se superkoei, die seniorkampioen-koei en die raskampioen. Foto's Ronelle Rademeyer

Een-en-dertig jaar nadat die gestorwe Britse koningin, Elizabeth II, tydens die 1991 Windhoek Skou die eerste keer die Koninginsbeker vir die topkoei by die skou oorhandig het, is dit gister tydens die veeparade en prysuitdeling ter ere herinnering aan haar deur die Britse hoë kommissaris, mnr. Charles Moore (tweede van links), aan mnr. Bertus Calitz (derde van links) vir dié Charolais-koei oorhandig. By hulle is mnr. Arnold Klein (links), uitvoerende hoof van Agra, en die touleier, mnr. Gothard Kairang. Calitz staan met sy kleinseun, JW Smalberger, op die arm. Blaai na bl. 2 vir die Kampioen van kampioene. Foto Ronelle Rademeyer

Die Boerbokram is deur mnr. Dino Strauss en sy seun, Delano, van Rehoboth geteel, en is as die kleinvee se Kampioen van kampioene gekroon. Mnr. Arenzo Izaacs, wat hier by die ram hurk, het die prys namens die Strausse ontvang. Langs hom staan die touleier, mnr. Kennedy Afrikaner.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie