Winkelgroente tot vyf keer die boer se prys
Plaashekpryse vanjaar laer, winkelpryse hoër
Volgens die verslag het die gemiddelde prys vir groente en vrugte by die plaashek die afgelope jaar met 4,6% gekrimp, terwyl handelaars se pryse met gemiddeld 25% oor dieselfde tydperk gestyg het.
Handelaars vra gemiddeld 2,7 keer meer vir groente- en vrugteprodukte as wat boere daarvoor betaal word, met die hoogste premies wat op botterskorsies (4,9 keer die boer se prys), groen soetrissies (4,8 keer duurder) en soetpatats (3,3 keer duurder) betaal word.
Boonop het boere vanjaar gemiddeld selfs minder geld vir hul tuinbouprodukte verdien, volgens Simonis Storm se jongste Agrimonthly-uitgawe.
“Dit is ’n duidelike bewys dat kostes soos brandstof, plastiek en ander verpakkingsmateriaal beduidende prysverhogings oor die afgelope maande gehad het,” word in die verslag gesê.
“Ons glo ook dat ’n misbruik van markkragte deur grootmaat-aankopers deels die rede vir die groot verskil in pryse tussen die plaashek en handelaars se pryse is – soos sommige boere met wie ons gesels het, aangedui het,” skryf Simonis Storm.
Volgens die verslag het die gemiddelde prys vir groente en vrugte by die “plaashek” die afgelope jaar met 4,6% gekrimp, terwyl handelaars se pryse met gemiddeld 25% oor dieselfde tydperk gestyg het. Dit is soos gemeet teen September vanjaar.
Die pryse vir aartappels en blaarslaai is ook bykans drie keer die boer se prys, terwyl pryse op winkelrakke vir tamaties, uie, wortels en groenpampoentjies meer as dubbeld is as wat die boer ontvang.
PRYSE BY DIE PLAASHEK
Boere is op ’n jaar-tot-jaar-basis onderskeidelik 32,2% en 32,1% minder vir patats betaal as ’n jaar gelede, terwyl hulle ook 21,5% minder vir blaarslaai ontvang het.
Dit is volgens die jongste statistiek van die Namibiese Akkerbouraad (NAB).
Vir beet- en soetrissieboere was 2022 ook nie ’n rooskleurige jaar nie. Hulle is onderskeidelik 19,7% en 16,7% minder vir hul produkte betaal as ’n jaar vantevore.
Daarteenoor het uie-, komkommer-, tamatie-, soetmielie- en koolboere jaar-op-jaar-verhogings van onderskeidelik 38%, 36,4%, 12,6%, 6,3% en 3,8% ervaar.
KUNSMISPRYS
Wêreldwyd het kunsmispryse intussen ook met 20,4% gedaal sedert dit ’n hoogtepunt in April 2022 bereik het, skryf Simonis Storm.
“Tekens vir prysverligting asook die versterking van die Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse dollar kan beteken dat Namibiese boere se produksiekoste dalk binnekort kan daal.
Tog bly dieselpryse hoog en word verdere prysverhogings verwag weens globale tekorte – wat ’n verdere negatiewe uitwerking op boere se produksiekoste kan hê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie