Die landbouministerie maan teen rooi treksprinkane in die Zambezistreek en raai boere aan om hul samewerking tydens die spuitveldtog te gee. Foto argief
Die landbouministerie maan teen rooi treksprinkane in die Zambezistreek en raai boere aan om hul samewerking tydens die spuitveldtog te gee. Foto argief

Zambezi-boere gemaan oor rooi treksprinkane

Ministerie monitor situasie
Sprinkane hou 'n ernstige bedreiging in vir gewasse in die algemeen.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het bevestig dat rooi treksprinkane in sommige dele van die Zambezistreek se riviergebiede, asook in die Ohangwenastreek voorkom.

Die rooi Afrika-treksprinkane is vanaf 29 Februarie waargeneem en in die Zambezistreek aangemeld. Hulle kom veral voor by die Liambezi-meer en ou Masokotwani waar mielieoeste vernietig word. Volgens die ministerie is tot op hede sowat tien hektaar verwoes.

Daar word berig dat die sprinkane onderskeidelik in hop- en vliegstadiums is.

Boere in die omliggende gebiede soos Kapani, Ou Masokotwani, Kanono, Linyanti, Nakabolelwa, Masikili, Ngoma, Isuswa, Ioma, Mutikitila, Ibbu, Mahundu, Ngala, Kapani, Chinchimani, Linyanti, Singobeka, Maunga, Sangwali en Oshikunde word versoek om op die uitkyk te wees vir sprinkane.

Sprinkane hou ’n ernstige bedreiging in vir gewasse in die algemeen, asook vir veldgewasse by riviere en in veeweidingsgebiede. In 2021 het rooi treksprinkane verwoesting in die Noorde gesaai en bruinsprinkane in die Karasburg-omgewing.

Gevolglik het die landbouministerie beamptes ontplooi om hul toesig te verskerp om die situasie te monitor en te evalueer. Hulle word aangeraai om met grondbespuiting in die geraakte gebiede te begin. Die ministerie sal voortgaan om die situasie te monitor om die nodige ingrypings te implementeer om die verdere verspreiding van die sprinkane te bekamp.

Die ministerie doen dus ’n beroep op boere om waaksaam te wees en om enige teenwoordigheid van sprinkane by die naaste landbou-ontwikkelingsentrums en kiesafdelingskantore aan te meld. Verder word boere ook aangeraai om tydens die spuitveldtog saam met beamptes van die ministerie te werk.

Vir verdere navrae, kontak die ministerie se voorligtingskantoor in die Zambezistreek by 066 253 015 en 065 263 097 of die skakelafdeling by 061 208 7604.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!