Aitsa! jou lekker ding
“Dis die mense se ding, dis ’n lekka ding,” sê Otis Daniels, wat vandag die Aitsa!-handelsmerk bekend stel.
Dié inisiatief sal die stories van die Suide oor verskeie platforms vertel, insluitend televisie en sosiale media.
Daniels, wat ’n agtergrond in gemeenskapsjoernalistiek het, sê Aitsa! sal nie net die suide van Namibië bedien nie, maar sal ook die Noord-Kaap in Suid-Afrika besoek en hoop om die hele Afrika vas te vang.
“Ons wil onsself nie beperk nie, maar ons glo hierdie deel van die wêreld is die hartklop van Afrika,” sê hy.
Om Aitsa! te vestig, moes Daniels terugtrek na sy geboortedorp, Lüderitz, waar hy sê hy is opgewonde om sy wortels na meer as ’n halfeeu van sy lewe te herontdek.
“Ek is baie opgewonde. Nog voor ek op Lüderitz aangekom het, kon ek al die suiwer blou lug sien.
“Dit is ook vir my emosioneel – ek is as kind uit die dorp geneem en ek het kom kuier wanneer ek kon vir die Kreeffees en vakansies as ek die kans gekry het, maar dit voel of ek myself nou herontdek,” vertel Daniels, wat jare lank op Walvisbaai gewoon het.
Hoewel Daniels op Lüderitz ’n verbintenis met sy verlede vind, vertel hy Aitsa! gaan oor elke klein afdraaipaadjie.
“Wanneer ons reis of met vakansie gaan, jaag ons na ons eindbestemming en ons ry langs die pad verby klein dorpies.
“As jy net by Aus indraai en ’n koppie koffie drink, kan jy net interessante mense ontmoet. Ons besef nie wat ons misloop nie en met Aitsa wil ons die mense van hierdie klein dorpies toelaat om hul stories te vertel,” sê hy.
KONSEP
Carla Haak, Synergi Namibia se kreatiewe direkteur en die brein agter die kenmerkende visuele konsep vir Aitsa!, sê sy het dit geweldig geniet om saam met Daniels lewe in die konsep te blaas, juis omdat hulle sonder woorde op dieselfde golflengte was.
“Otis was effens stil, maar ons het dadelik gekliek en ons was onmiddellik op dieselfde bladsy,” sê sy.
“Toe hy vir my die naam Aitsa! sê, het ek gedink dit is so ’n prettige naam en ’n positiewe ding wat ons vir mekaar sê.
“Ons sê dit altyd as iets goeds – hoe kon ons nie die styl laat positief lyk nie?” vra Haak.
Daniels is van mening dat Aitsa! juis ten doel het om die positiewe in Namibië se klein gemeenskappe oor te vertel.
“Ons assosieer ons gemeenskappe dikwels met negatiwiteit, maar Aitsa! wil die ware karakter van ons gemeenskappe wys en ons hoop die mense laat ons toe,” sê hy.
Een van die hoofelemente van Aitsa! se styl trek jou na die lewe (en die Suide) se kronkelpaaie, verduidelik sy.
“Ons land is so pragtig en ons mense het stories om te vertel, so die doel van Aitsa! is om die siel van ons land se klein dorpies te verken,” sê Haak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie