Elke dag is 'Gin Thyme'!
Vrugte, speserye, kruie
Sy hou by die 'rule-of-three' wanneer sy geure saamsit, want dan harmoniseer dit en is daar nie geure wat wegraak nie.
Henriette Lamprecht - Sy is ‘n gebore Namibiër wat elke moontlike geleentheid met albei hande aangryp en het reeds tydens haar studies maniere gevind om ‘n paar sente te maak. Vandag is Martinette van Greunen van Swakopmund se GinThyme op die lippe en in die glas van selfs dié wat nog nooit ‘n jenewer(gin) aanhanger was nie.
Nadat sy op Swakopmund gematrikuleer het, het sy die Kaap aangepak met die doel om die beste van haar studies in binnenshuise ontwerp te maak, vertel Martinette.
“Ek was nog altyd baie onafhanklik en het selfs toe maniere gevind om tussen deur my studies 'n paar sente te maak sodat ek nie heeltyd uit my ouers se sakke leef nie.”
Nadat sy graad gevang het, het sy by die harde wêreld van ontwerp ingestap en vir meer as drie jaar by ‘n klein maatskappy gewerk.
Dis hier waar haar persoonlikheid en menswees geslyp en verfyn is tot die persoon wat sy vandag is, sê sy.
Haar werkgewer wat sy as die beste leermeester beskryf, het haar toegelaat om haar vlerke te sprei en dis hier waar sy haar grootste en waardevolste vaardigheid geleer het en wel probleemoplossing.
Martinette erken “Covid het ons almal op een of ander manier getref en aarde toe gebring”, maar dit was ook in dié tyd wat sy met haar eerste besigheid geëksperimenteer het en wat vandag steeds bestaan.
“As binnenshuise ontwerper kry ons baie ‘samples’ van stofferingsmateriaal. Van dit is ongelooflike duur materiaal en ander is weer 'local ranges' wat nie so duur is nie.”
Toe die kantoor ontruim moes word om na 'n kleiner een te trek, wou haar werkgewer van die hele ‘sample’ biblioteek ontslae raak.
Martinette het geweet sy sal iets daarmee kan doen en het aangebied om al die ‘samples’ te vat.
Sy het ‘n handgemaakte oorbelreeks met die naam NOICE ontwerp wat bestaan uit egte leer en die ‘samples’ van die stofferingsmateriaal.
“Ek het altyd 'n vriendin op universiteit gehad wat 'nice' met 'n Australiaanse aksent gesê het en dit het sommer die naam van my besigheid geword - dit sê so lekker!”. Elke ontwerp het 'n spesiale konsep, vertel Martinette. Soos die een wat vernoem is na Mauline, ‘n vrou van Zimbabwe wat sy in die Kaap by haar werksplek ontmoet het as skoonmaker.
“Ek en sy het baie goeie vriende geword. Sy het haar drie kinders in Zimbabwe agtergelaat, omdat dit te duur was om hulle saam te bring. In 2021 het die oudste dogter in die rivier verdrink en ons het almal geraap-en-skraap om vir haar 'n buskaartjie te koop sodat sy haar dogter kan begrawe. Ongeag of sy dit kon bekostig of nie, het sy haar ander twee kinders saam met haar teruggebring Kaap toe.”
Dit het haar hart in miljoene stukkies gebreek, sê Martinette wat met ‘n Mauline-ontwerp vorendag gekom het wat haar storie vertel.
“Ek het haar opgelei om 'Mauline' self te maak en alle verkope se wins gaan na haar toe om na haar kinders om te sien. Ons het verlede jaar Junie teruggetrek Swakopmund toe, maar tot vandag toe maak sy dit steeds self en wins gaan na haar en haar kinders toe.”
In ongeveer dieselfde tyd begin Martinette nog ‘n besigheid Truly You waar mense hul ou
aandrokke, matriekafskeidrokke en trourokke skenk wat net in die kas hang (en boonop 'n plaas se prys gekos het). Dit word dan teen 'n baie lae prys verhuur aan minderbevoorregte meisies om ook soos ‘n “million bucks” te voel op hul groot aand.
“Ek het egter net te veel werk gehad om in my dag te pas, so my ma het hierdie besigheid by my oorgeneem.”
Martinette en haar man is al van skooldae ‘n paartjie en was “lammerliefdes” wat saam in die Kaap gaan studeer het.
Sy erken dit was ‘n baie moeilike verhouding, omdat daar elke keer iets gebeur het en wat gemaak het dat hy moes terugkom Namibië toe.
“Dit was heeltyd langafstand. Ons het darem vir twee jaar saam in die Kaap gewoon en ons troue beplan wat ons in Desember 2022 in Namibië gehou het.”
Dit was tydens dié einste Desembervakansie wat haar man 'n geleentheid gekry om saam met sy pa in ‘n besigheid in te gaan.
“Ons hoef nie twee keer genooi te word om terug te trek Namibië toe nie en hier is ons nou! Op hierdie stadium is daar nog nie kinders nie.”
Oor Gin Thyme erken Martinette sy is inderdaad ‘n “gin lover”. In die Kaap het sy iets soortgelyk teëgekom, maar die idee het by haar opgekom om die verskillende geure bymekaar te sit in ‘n spesifieke verhouding. Laasgenoemde is “sodat mens nie die 'mind game' hoef te speel van wat saam met mekaar werk nie”.
“Ek het agter gekom mense ontvang dit as geskenke, maar omdat hulle nie lekker weet wat om bymekaar te sit nie, staan dit nou net en vergaan op die rak.”
Sy het oorspronklik net Gin Thyme tydelik gedoen om vir hul troue te spaar, maar dit het so goed gegaan “dit sou simpel wees om nie daarmee aan te gaan nie!”
Martinette het plaaslik daarmee begin en die waters in die Kerstyd getoets om te kyk of Namibiërs dit ook as ‘n geskenk sou kies. Dit het inderdaad soos jenewer en tiemie by al die Kersmarkte uitverkoop!
Sy hou by die 'rule-of-three' wanneer sy geure saamsit vir garnering in jou gunsteling drankie. Want dan harmoniseer die geure en is daar nie geure wat wegraak nie, verduidelik sy.
“Ek het met verskillende geure eksperimenteer en ook gekyk na wat mense normaalweg van hou as garnering by hul gin. Ek het toe op my 'rule-of-three' ratio afgekom - vrug - spesery - krui. Van dit het eerder twee verskillende speserye en nie 'n krui nie, omdat ek net gevoel het die krui werk nie so goed by die spesifieke kombinasie soos wat die speserye doen nie. Ek probeer ook om altyd nuwes uit te werk en 'on the ball' te bly!”
Van lemoen tot tiemie droog Martinette self en het “food dehydrators” aangeskaf wat met lug die vrugte droog. Om dit in die oond droog te maak is volgens haar nie baie ekonomies nie en neem aansienlik langer.
“Partykeer het dit ook plek-plek bietjie geskroei. Ek het maar gekyk wat werk ekonomies-gewys die beste, maar ook so 'groen' as moontlik. Die lug maak dit ook lekker droog sonder om die kleur van die vrugte te donker te maak en ook sodat dit nie muf in die verpakking nie. Dit word dan dadelik verskuif na digverseelde glasbottels totdat dit verpak word.”
Die boksies waarin dit verpak word, het Martinette eenvoudig ontwerp sodat die kollig op die bestanddele se helder kleure val.
“Mense hou van eenvoudige verpakking met eetbare produkte.”
Gin Thyme spog ook met ‘n bottel wat die DIY-boks is.
“Dit is meer gemik op mense wat al bekend is met Gin Thyme en 'n hele bottel wil ‘infuse’. Die bestanddele in die boks is dan een van die kombinasies wat 'n bottel gin kan ‘infuse’. Daar is genoeg bestanddele in die boks om dit met twee bottels te kan doen.”
Tans is Gin Thyme net by Gondwana se snuffelwinkels, Droombos se snuffelwinkel en by markte beskikbaar, maar Martinette reik gereeld na nuwe verspreiders uit, haar droom is immers om dit “wyd en suid” te verprei!
Dit word baie goed ontvang en sy het nog net goeie terugvoer oor die produk gehad, sê Martinette trots.
“Mense is baie lief daarvoor om dit as geskenke te koop. Die buitelanders vat dit vir hul mense saam, omdat die boksie ook plat verpak kan word in 'n tas. Ek was ook al 'n paar keer genader om 'n ‘gin bar’ by troues of partytjies uit te ‘kit’. Dan doen ek iets uniek sonder dat daar boksies oral is.” Vir meer inligting kan Martinette per WhatsApp gekontak word op 081 228 5355 of gaan loer op Instagram by @gin.thyme. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie