Elke diertjie sy plesiertjie

Zoe Karsten
Zoë Karsten - Lynn du Toit (17), ‘n graad 11-leerling van Windhoek Gimnasium se passie vir hekel waarmee sy eers twee jaar gelede begin het, het tot ‘n suksesvolle besigheid, Crochet by Lynn gelei.

“Ek het by my tannie, Jana Gous, geleer. Sy het ‘n besonderse gawe om te kan hekel en wou dit graag met iemand deel,” vertel sy.

Jana het vir Lynn die basiese beginsels geleer en ook vir haar haar eerste bolle wol, hekelpenne en ander hekelbykomstighede gegee.

“Vandaar het ek myself geleer terwyl sy altyd byderhand was om te help,” sê Lynn.

Haar behoefte om kreatief te wees en om met haar hande iets te skep, is haar grootste inspirasie. Die vervullende gevoel om vir mense ‘n handgemaakte geskenkie te gee, hetsy vir troos, verjaarsdae, spesiale geleenthede of sommer net, is baie bevredigend, sê Lynn.

Aanvanklik het sy alles wat sy gemaak het as geskenke vir vriende en familie gegee. Dit was vir haar verblydend om te sien hoe opgewonde en soms verstom hulle was oor die geskenk. Dit het haar net meer aangespoor om haar liefde vir handwerk met oorgawe uit te leef. Die versoeke om nog ‘n diertjie by die aanvanklike geskenk by te voeg en letterlik die “dieretuin” uit te brei, het haar laat besef dat dit ‘n goeie geleentheid is om ‘n inkomste te verdien uit iets wat sy geniet om te doen.

“Ek het baie ondersteuning vir my inisiatief van my familie gekry. Hulle het my gehelp met veral die kosteberekeninge en logistiek om die besigheid van die grond af te kry. Hulle betrokkenheid en geloof in my idee was my aanmoediging om deur te druk!” sê sy dankbaar.

Op ‘n vraag waar sy haar idees vandaan kry, sê Lynn dat sy die meeste van die patrone van die internet trek asook op sosiale media waar sy ‘n paar handwerkgroepe volg.

“Baie van die diertjies se patrone bestaan uit dieselfde konsep, veral ten opsigte van hoe jy die koppie en die lyfie maak. Sommige van die diertjies kan ek al uit my kop uit maak.”

Volgens Lynn hang die hoeveelheid tyd wat sy aan die maak van ‘n diertjie spandeer, afhang van die hoeveelheid dele wat sy aan mekaar moet vasstik.

“Dit vat nogal lank om al die panele te heg. Dit is bv. heelwat makliker om ‘n krimpvarkie te maak wat uit slegs vyf klein dele bestaan as ‘n skilpad wat redelike groter dele het. ‘n Skilpad kan tot so vier van begin tot einde neem.”

Lynn bemark haar besigheid en diertjies op haar Instagram blad @crochet_by .lynn plaas gereeld foto’s van haar skeppings.

“Op die 31ste Augustus het ek op my heel eerste markdag uitgestal,” vertel Lynn opgewonde.

“Ek was aanvanklik baie onseker en op my senuwees, want ek het getwyfel of mense in iets handgemaak en gehekel sou belangstel. Daar gaan soveel tyd en liefde in so item, en ek moes myself vra of iemand so iets sal koop.”

Ten spyte van al haar vrese het die dag bo verwagting goed verloop en heelwat mense het haar ondersteun. Sy het 30 diertjies saamgevat en 20 is verkoop. Vir haar het dit sukses gespel.

Lynn hoop om met haar besigheid en inisiatief ander jong mense te inspireer om ook hulle passie te volg en moontlik daaruit ‘n inkomste te genereer.

Op versoek het Lynn ook al ander items soos gehekelde toppies vir vriendinne gemaak. Die toppies is ‘n totale ander metode van skep. Een toppie neem so drie weke om te voltooi, deels as gevolg van die heelwat dunner wol wat sy moet gebruik en die mates wat presies moet wees.

Lynn se vriendegroep is baie ondersteunend van haar besigheid. Sy sê dis al ‘n lekker grap onder hulle aangesien sy altyd haar hekelwerk uitpluk tydens ‘n kuier en dan koor almal gelyk “Kyk, Lynn hekel alweer!”

“Ek geniet dit om my eie klein besigheid te bedryf, veral omdat dit deel vorm van iets wat ek baie geniet. Ek is bevoorreg om my sakgeld op so ‘n manier te kan verdien en vir my eie ektras te kan voorsien”.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A