Aletté Winckler is 'n bekende entrepreneur, skrywer, voorkomskonsultant, glanspersoonlikheid en sélf ‘n ma. Foto verskaf
Aletté Winckler is 'n bekende entrepreneur, skrywer, voorkomskonsultant, glanspersoonlikheid en sélf ‘n ma. Foto verskaf

Gratis webinaar oor traumaverwerking vir ma’s

Yandi Du Plessis
“Jy het nie nodig om die trauma uit jou kinderdae aan jou kinders oor te dra nie,” sê Aletté Winckler.

Aletté, die Suid-Afrikaanse sanger Heinz Winckler se vrou, bied op 15 November ’n gratis webseminaar aan wat daarop fokus om seker te maak dat jy nie die trauma uit jou kinderdae aan jou kinders oordra nie

Talle ingewikkelde faktore word in ag geneem wanneer jy trauma uit jou kinderdae moet hanteer. Soveel só, dat dit ongelooflik moeilik kan raak om as ma jou pad deur dit alles te vind en regdenkende ouerskap toe te pas.

Ma’s dra gereeld hul eie trauma oor na hul kinders. Daarom is dit belangrik om hierdie siklus te breek en by die wortel van die probleem uit te kom om sodoende die trauma te behandel en te beheer.

Aletté, ’n bekende entrepreneur, skrywer, voorkomskonsultant, glanspersoonlikheid en sélf ’n ma, verstaan die uitdagings rondom hierdie onderwerp. Sy het dit immers eerstehands beleef.

Daarom bied sy op 15 November om 20:30 ’n gratis webseminaar getiteld “Mase Issues” aan, waartydens sy openhartig haar eie storie sal deel oor hoe sy haar eie trauma moes verwerk en oor die vele uitdagings wat sy moes oorkom as gevolg van spesifieke situasies met haar ouers en ander mense.

Hierdie informele sessie vir vroue gaan ’n damesaand wees waartydens vroue van oraloor Suid-Afrika én Namibië saam kan kuier, vriendinne word en gesels oor wat hulle pla.

Tydens hierdie webseminaar sal Aletté ook deel hoe om die simptome van trauma uit jou kinderdae te identifiseer, ernstig op te neem en beheer daaroor te neem.

Dit om seker te maak dat jy dit nie aan jou kinders oordra nie om sodoende ’n sinvolle ouerskapstyl te kan toepas.

“Soms besef jy nie eens jy worstel met onderliggende trauma uit jou kinderdae nie en daarom is dit belangrik dat jy hierdie datum, 15 November, in jou dagboek skryf. Nooi al jou vriendinne, kollegas, jou dogter, ma, en almal wat jy dink hierby kan baatvind en sluit aan op Zoom op hierdie besonderse aand!”

Slegs 500 plekke is vir die webseminaar beskikbaar, so jy moet wikkel as jy wil deel wees van hierdie lewensverrykende ervaring.

Registreer by https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_YpoQz4UzRIa6O4QI6Ek-2A en hou jou e-pos dop vir meer inligting.

“Die Mase Issues-webseminaar gaan mense aanspoor om deur hul kwessie te werk en vir elke deelnemer waarheid, hoop en genesing bring en selfs antwoorde bied op vrae waarmee hulle al lank worstel,” sluit Winckler af.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!