Lag is die beste medisyne
“Kinders lag tussen 300 en 350 keer per dag en volwassenes slegs 10 tot 15 keer. Lagjoga help om uiting te gee aan jou innerlike kind.”
So sê me. Teresia Louwrens wat lagjoga vir die eerste keer in Namibië aanbied met weeklikse klasse by Eagle’s Beer Garden in Avis.
Lagjoga bestaan reeds sedert 1995 en is deur ’n mediese dokter, dr. Madan Kataria, in Indië begin. Wêreldwyd is daar tans meer as 100 lagjogaklubs.
Die einste Kataria het vir Louwrens opgelei as deel van ’n aanlyn kurses by Laughter Yoga International India en sy het besluit om dié klasse na Namibië te bring.
“Klasse bestaan uit asemhalingsoefeninge en ons gebruik die vier elemente van vreugde – sing, lag, dans en speel – om die kind binne elkeen wakker te maak.
Studies het bewys die brein kan nie tussen ’n opregte lag en ’n geveinsde lag onderskei nie en het daarom dieselfde positiewe uitwerking op jou gesondheid en gemoed.
“Die klasse bied ’n veilige ruimte vir mense om vir 10 tot 15 minute hardop, oormatig en aanhoudend te lag, sonder enige sosiale oordeel.”
Die eerste klas het reeds op 12 Oktober plaasgevind.
Louwrens het vantevore ’n korporatiewe werk beklee, maar het besluit om haar drome na te jaag en werk nou as geneser, lewensafrigter en berader.
Sy is die eienaar van Soul Fragmented waar sy as forensiese geneser werk en spesialiseer in energie-sielkunde en intuïtiewe genesing.
Sy gebruik haar sielkundegraad as agtergrond. Louwrens bied ook werkwinkels aan, asook individuele genesing-, berading- en lewensafrigtingsessies.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie