Laimi inspireer
Laimi Elago, die enigste Namibiër in ’n uitgelese groep van 21 vroue, het saam met Saray Khumalo – die eerste swart vrou uit Afrika wat die berg Everest suksesvol bestyg het – op 9 Augustus (Suid-Afrika se Vrouedag) die kruin van berg Kilimandjaro gehaal. Haar deelname is moontlik gemaak deur Momentum Namibia wat Saterdag by Droombos die Womentum-geleentheid aanbied en ’n oggend vol inspirasie en bemagtiging met ’n tikkie luuksheid beloof. Die formidabele vroue wat hul reise na sukses gaan deel, sluit in Saray Khumalo, Laimi Elago, Estelle Tjipuka, Ronel de Beer, Carina Bruwer, Stacey Susa-Pinto en Desere Muller. Kaartjies kos N$500 per persoon en sluit ’n heerlike ontbyt in.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie