Mej. Supra ‘oorweeg’ om ook ma’s, getroudes toe te laat
Die Mej. Supranasionaal-organisasie ondersoek die moontlikheid om ook ma’s en getroude of geskeide vroue toe te laat om deel te neem aan dié skoonheidskompetisie.
“Ons is besig met ’n peiling onder die deelnemende lande om vas te stel hoe hulle oor so ’n besluit sal voel,” sê Andre Sleigh, kreatiewe direkteur van die organisasie.
“Ons moet die verskillende kulture in ag neem voor ons sulke groot besluite neem. Dis ’n baie moeilike besluit.
“Daar is so baie dinge waaroor mens moet dink – die welstand van kinders, die druk wat dit op verhoudings plaas en die indirekte gevolge wat dit kan hê op die verteenwoordigers van lande wat nie so liberaal is soos ander nie.”
Tussen 60 en 77 lande neem jaarliks aan dié skoonheidskompetisie deel. Dit word gewoonlik in Pole gehou en het in 2009 begin.
Die huidige Mej. Supranasionaal is Lalela Mswane van Suid-Afrika. Voor haar het Namibië se Chanique (Chani) Rabe die Supra-kroon gedra.
Die Mej. Supranasionaal-organiseerders doen navorsing oor ’n verandering aan hul reëls nadat die Mej. Heelal-organisasie in Augustus vanjaar aangekondig het hy sal getroude of geskeide vroue, of vroue wat swanger is of kinders het, aanvaar.
Dit was nie lank nie of die Mej. SA-organisasie het ook hierdie verandering aan sy reëls aangebring – ’n groot verandering aangesien Mej. SA voorheen deelnemers verbied het om selfs verloof te raak terwyl hulle die kroon dra.
Dit is nog nie bekend wanneer die volgende Mej. Supranasionaal-kompetisie gehou sal word nie.
Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie