Namibiese ontwerp pryk by Finse bal
’n Jong Namibiese ontwerper, Ndeumona Renatte Kandongo, se ontwerp van ’n baie spesiale aandrok is deur die Namibiese vrou van die Finse lid van die parlement op dié land se Onafhanklikheidsbal gedra.
Die jaarlikse gesogte bal word regstreeks uitgesaai, met sowat 3,1 miljoen Finne wat inskakel.
Kandongo se rok wat deur Dorené Valkonen gedra is, het ook die blaaie van verskeie media in Finland gehaal.
Die rok is ’n simbool van die Namibiese landskap en verteenwoordig die duine, welwitschia en die land se asemrowende sonsondergange. Valkonen is deur haar man, Ville, na die bal vergesel wat ook die voorsitter is van die Finse-Namibiese Vriendskapgroep van die Finse parlement is.
“Dit was ’n eer om so ’n meesterstuk te kon dra en op so ’n manier ons mooi land in Europa te kon bekendstel,” sê Valkonen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie