Nuwighede voor Mej. Heelal gekroon word
Die dae raak al minder voordat die gesogte Mej. Heelal-kroon vir die 71ste keer oorhandig word met sommige skoonhede wêreldwyd – insluitend Namibië se Cassia Sharpley – wat reeds na Amerika begin reis vir die groot dag.
Die Mej. Heelal-toekenningsgeleentheid word komende Saterdag in New Orleans, Louisiana, gehou. Die geleentheid vind gewoonlik in Desember plaas, maar is uitgestel weens die impak wat Covid-19 in die verlede gehad het.
Heelwat veranderinge is ook aan die kompetisie aangebring vandat die kompetisie nuwe eienaars gekry het.
Anne Jakrajutatip, ’n Thaise mediamagnaat en die wêreld se derde rykste transgender persoon volgens Forbes, is die nuwe eienaar van die kompetisie. Sy het die organisasie vir US$20 miljoen gekoop en is die eerste vrou wat die kompetisie besit.
Sy het dit gekoop by IMG, ’n internasionale sport- en talentbemarkingsgroep wat in New York gebaseer is. Oudpres. Donald Trump van Amerika het dit ook vantevore besit.
Saam met die nuwe eienaar het ’n nuwe kroon gekom. Op 19 Desember is ’n nuwe kroon, Force for Good, bekend gestel wat na verwagting vir die volgende drie jaar gebruik gaan word. Dit is ’n blou kroon met blou saffiere van 110 karaat, wit diamante van 48 karaat en ’n koningsblou saffier van 45,14 karaat in die middel.
UITSENDING
Nog ’n verandering sluit in dat die kompetisie nie meer op TV uitgesaai gaan word nie, maar regstreeks gestroom sal word. Dit is voorheen op die TV-kanaal Fox uitgesaai, maar sal nou te sien wees op die stromingsdiens Roku Channel.
As deel van die organisasie se ooreenkoms met Fox was die Amerikaanse TV-aanbieder Steve Harvey die aanbieder by die kompetisie. Hierdie ooreenkoms is ook gestaak en daar sal ’n nuwe aanbieder aangekondig word, na verwagting ’n vrou.
Hierbenewens sal die lyfband wat die wenner dra ook verander aangesien dit deur ’n ander maatskappy gemaak sal word.
Die verteenwoordigers van lande soos Thailand, die Filippyne, Indonesië, Viëtnam, Venezuela, Peru, Colombië, Kambodja, Boetan en Curaçao het reeds uit hul lande na Amerika vertrek.
Die ondersteuners van hierdie lande se verteenwoordigers het in die meeste gevalle na die lughawens gestroom om hulle af te sien.
Die kompetisie sal Sondagoggend (Namibiese tyd) gehou word en Harnaaz Sandhu van Indië sal dan haar opvolger kroon.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie