PAS IN: Ecuador stap met Mej. Supra-kroon weg

Yandi Du Plessis
Mej. Supranasionaal Namibië, Romiley Hoffmann, het haar land die afgelope Vrydag in Nowy Sącz in Pole verteenwoordig, waar 'n nuwe Mej. Supranasionaal in dié internasionale skoonheidskompetisie gekroon is. Sy het teen deelnemers van 64 ander lande meegeding. Uiteindelik het Lalela Mswane van Suid-Afrika, wat in 2022 met die titel weggestap het, die kroon aan Andrea Aguilera van Ecuador as haar opvolger oorhandig.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat Ecuador dié skoonheidskompetisie wen - die tweede Suid-Amerikaanse land en die derde Latyns-Amerikaanse land om dit te doen.

Romiley het steeds Namibië se naam hoog gehou en sy het geskitter in haar nasionale kostuum, wat geïnspireer is deur die Namibiese woestynroos. Die kostuum is ontwerp deur Lloyd Kandlin van The Costume Dept.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!