PAS IN: Openbare praatjie oor 'werk vir water'
Die Namibië Wetenskapvereniging nooi die publiek na 'n openbare praatjie op 29 Mei deur dr. Guy Preston oor Suid-Afrika se Working for Water (WfW)-program.
Preston, die afgetrede adjunk-direkteur-generaal vir omgewingsprogramme in die Suid-Afrikaanse departement van bosbou, visserye en die omgewing, was die inisieerder en leier van hierdie program, onder vele meer.
Die Working for Water-program is 'n veelbekroonde inisiatief wat eerstens fokus op die verwydering van uitheemse indringerspesies in hoofsaaklik vleilande, rivierlope en opvanggebiede. Die bogenoemde bewerkstellig die beskerming van waterbronne en vleilande om waterkwaliteit en -kwantiteit te verbeter en inheemse biodiversiteit te beskerm. Die program is ook gemik op die verligting van armoede deur werkskepping, die bevordering van klein- en mediumgrootte ondernemings en waardetoevoeging tot industrieë, en kennisoordrag en vaardigheidsontwikkeling.
Die praatjie begin om 19:00 by die Namibië Wetenskapvereniging se gebou in Robert Mugaberylaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie