PAS IN: Vier die hoofstad se kulturele diversiteit
Stad Windhoek (CoW) bied eerskomende Vrydag en Saterdag, 28 en 29 April, die /Ae// Gams Windhoek-kuns- en kultuurfees aan - wat gratis bygewoon kan word!
Kom ervaar kulturele diversiteit deur 'n viering van die vele gesigte in Windhoek. Die fees sal verskillende kulture in die stad bymekaar bring, onder meer deur tradisionele kookkuns, danse en speletjies.
Plaaslike kunstenaars soos Big Ben, Sunny Boy en vele meer sal vir die musiek sorg, terwyl daar hope teater en drama, komedie, pottebakkery, beeldhouery, kunsklasse, 'n potjiekos- en vetkoek-kompetisie en prettige aktiwiteite vir die jongspan sal wees.
Die fees vind by die CoW-gebou se boonste parkeerarea plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie