Vierdagwerksweek: verminder uitbranding, verhoog produksie
’n Suksesvolle eksperiment in Brittanje en ander ontwikkelde lande vir ’n werksweek van vier dae in stede van vyf, het gewys werkers se uitbranding en stresvlakke het verminder. Dit terwyl deelnemende maatskappye se inkomste met 8% gestyg het.
Die eksperiment wat deur die 4 Dag Week SA Koalisie georganiseer is, maak aanstaande maand ook ’n draai in buurland Suid-Afrika. Die rede om dit na ander lande uit te brei, is omdat verlede jaar se eksperiment gewys het die pas van werk styg soos mense vinniger werk om vyf dae se werk in vier dae te voltooi. Hulle het meer doelgerig gewerk en vergaderings is verminder na ’n maksimum van 15 minute.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie