‘Bedrieërs’ staar 1 680 klagte in gesig
Glo bedrog van N$3,5 miljard gepleeg
Die aanklaer-generaal het beslis dat die saak na die hoërhof in Windhoek oorgeplaas moet word.
Agt mense wat van bedrog met doeaneheffings en buitelandse valuta ter waarde van N$3,5 miljard beskuldig word, staan nou amptelik tereg op 1 680 strafregtelike klagte.
Die aanklaer-generaal (AG), adv. Martha Imalwa, het Dinsdag haar besluit bekend gemaak dat die beskuldigdes se verhoor in die hoërhof in Windhoek aangehoor sal word.
Hul eerste verskyning vir voorverhoorverrigtinge is vir 28 April 2023 geskeduleer.
Die Walvisbaaise sakeman Laurentius Julius het Dinsdag saam met ses Chinese burgers in die Windhoekse landdroshof verskyn waartydens die AG se besluit bekend gemaak is.
Toa Huizhong was die enigste beskuldigde wat nie Dinsdag teenwoordig was nie en volgens sy regsverteenwoordigers is hy tans in China.
Hy kon glo nie betyds reisdokumente bekom om na Namibië te reis nie. Landdros Jozanne Klazen het ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik wat eers op 28 April in werking sal tree.
Volgens die AG se besluit wat reeds in Oktober geneem is, sal die beskuldigdes en sewe van hul korporatiewe entiteite, teregstaan op 786 klagte van bedrog, 768 klagte van geldwassery, 103 klagte vir die oortreding van die wet op doeane- en aksyns en vyf klagte van bedrog saamgelees met die bepalings van die wet op inkomstebelasting.
MILJARDE SE BEDROG
Die staat beweer die ministerie het N$3,5 miljard se werklike of potensiële verliese gely weens die beskuldigdes se onderverklaring van die waarde van ingevoerde goedere in Namibië en waarop doeaneheffings betaal moes word.
’n Forensiese rekenmeester van die ouditeursfirma KPMG, wat die Bank of Namibia (BoN) aangestel het om dokumentasie rakende finansiële transaksies te ondersoek om te bepaal of doeaneheffingregulasies nagekom is, het tydens een van die borgtogaansoeke getuig.
“Slegs US$13 miljoen se goedere hou verband met US$313 miljoen se fakture,” het Roy Waligora van KPMG gesê.
Hy het verduidelik net 5% van die bedrae wat aan doeane en aksyns oorbetaal is, het betrekking op die waarde van goedere wat ingevoer is, wat dus op ’n reuse-onderverklaring van goedere dui.
Die N$3,5 miljard dek nagenoeg 100 invoerders.
Die bedrog het na bewering vanaf 2013 tot 2016 geduur en die beskuldigdes is in Desember 2016 in hegtenis geneem.
Die ander ses beskuldigdes sluit in Jack Huang, Li Dan, Ying Zhang, Goa Zhihua, Cao Shuhua en Jia Hongying. Al die beskuldigdes is tans vry op borgtog.
Die betrokke korporatiewe entiteite sluit in Extreme Customs Clearing Services en Organise Freight Services CC wat aan Julius verbind is en glo die doeaneprosedures en betaling vir invoere hanteer het.
Die ander entiteite sluit in Golden Phoenix Enterprises CC (Huizhong), Trust Investments (Zhihua), Jia Mu Trading (Hongying), Nam-Dam Import & Export (Shuhua) en China South Industry and Trading (Zhang).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie