Digkuns onder die sterre
Henriette Lamprecht – Jiggy Jems is ’n bynaam wat haar nabye vriende haar noem en die naam wat sy gebruik om haar liberale en meer kreatiewe alter ego mee te beskryf. Jamboree is ’n Amerikaanse woord wat gebruik word om ’n feestelike samekoms te beskryf. Kombineer die twee en jy het die Jiggy Jamboree, ’n liberale en feestelike samekoms waar deelnemers hul verlustig in die skoonheid en wonder van woorde en wat vandeesmaand vir die eerste keer in Windhoek aangebied is.
Die Jiggy Jamboree is geïnspireer deur haar liefde vir digkuns en voordrag, vertel digter, joernalis en stigter Jemimah Ndebele.
Sy dra sedert die ouderdom van 13 in die openbaar gedigte voor, maar het ná matriek gesukkel om ’n platform te vind wat haar nie net toelaat om haarself uit te druk nie, maar ook haar vaardighede deur repetisies te slyp en ook aan ander liefhebbers van die gesproke woord bloot te stel.
“Ek het besluit om ’n ruimte te skep waar digters hul vaardighede kan slyp en hulself kan uitdruk en waar ander met ’n belangstelling vir dié kunswerk dit in ’n gedeelde omgewing en na gelang van spesifieke temas wat soos ’n fyn draad deur al die gedigte loop, kan ervaar,” sê Jemimah.
Wat gebeur, is ’n verwesenliking van die Jiggy Jamboree se slagspreuk en belofte - ’n aand van poëtiese genot.
“Dit is ’n buitemuurse ervaring van digkuns onder die naghemel. Dit is ook ’n saadjie wat God in my hart geplant het om te saai en dit is bloot wat ek probeer doen.”
Jemimah beklemtoon die samekoms van woordkunstenaars is ’n veilige ruimte vir almal, van die gevierde digter tot die leek wat daarin belangstel.
“As jy soek na ’n aand met goeie geselskap, wonderlike voordrag van die gesproke woord en sommer net lekker ‘vibes’, is die Jiggy Jamboree die perfekte plek vir jou!”
Omdat die Jiggy Jamboree ’n digkunservaring is, word elke program spesifiek saamgestel, met digters wat die geleentheid het om elke keer gekose temas te ondersoek.
Jiggy Jamboree se eerste buiging is baie goed ontvang en bygewoon, met al die kaartjies wat uitverkoop is.
’n Gedeelde gevoel tussen deelnemers en toeskouers was een van dankbaarheid en “absolute tevredenheid”, vertel Jemimah trots, met baie wat toe reeds wou weet wanneer die volgende byeenkoms aangebied word.
“Digters, gevierd of nie, het die tyd waardeer wat ingesit is om te repeteer en hul vaardighede te slyp. Dit was ongelooflik vervullend!”
Volgens haar het Namibië verskeie talentvolle skrywers, maar weens hul skugter geaardhede en die intieme aard van hul werk, sukkel hulle om gehore vas te vang wanneer hulle dit voordra.
“Die Jiggy Jamboree probeer om die situasie deur middel van repetisies voor optredes te verbeter en digters bloot te stel aan ander talentvolle kreatiewe geeste by wie hulle kan leer.”
Digters, ingesluit dié wie se woordskeppings nog net in gedagtes dwaal en nog nie voorgedra is nie, kan ’n e-pos stuur aan [email protected] of @jiggyjamboree vir meer besonderhede. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie