Eagles se teleurstellende peil duur voort

Krieket
Tielman Van Lill
Op die dag toe dit werklik saakmaak, het die VSA toe gister by die Wanderers-veld die Namibiese Eagles se onlangse oorheersing afgeskud en die gasheerspan ’n gevoelige terugslag toegedien.

Die Amerikaners het die openingswedstryd van die Internasionale Krieketraad (ICC) se uitduntoernooi voor die finale kwalifiseringsronde vir die 2023 Wêreldbeker in Indië op die agtervoet begin, maar het oortuigend uiteindelik met 80 lopies gewen.

Nadat Gerhard Erasmus die loot gewen en die toerspan ingestuur het met die hoop omvroeë hulp van die kolfblad te verkry, het die regterarm snelbouler Ben Shikongo op al sy silinders geloop toe hy in die tweede boulbeurt binne vier aflewerings van die VSA se Steven Taylor (4) en die gevaarlike Monank Patel (0) ontslae geraak het.

Dié verwikkeling het die VSA (5/2) onmiddellik onder druk geplaas. Maar Sushant Modani, wat saam met Taylor hul beurt geopen het, was nog daar saam met Aaron Jones. Die duo het met ’n 55-vennootskap teen 4.2 binne 13 bb die telling tot 3/60 gevoer.

Met Modani (17) op 60/3 uit, het Jones (36) ’n tyd lank na die gevaarman gelyk en moes die beurt anker, maar hy is in 19.2 bb uitgehaal. Shayan Jahangir (5, 5/91), Nisarg Patel (3, 6/105) en veral Gajanand Singh (53, 7/150) asook Jessy Singh (33, 8/176) het belangrike bydraes gelewer.

Die stertkantkolwers Nosthush Kenjige (43 van 43 balle, drie viere, twee sesse), Saurabh Netravalkar (10* nie uit nie) en Ali Khan (4*) het hard baklei om die totaal tot 231/9 ná 50 bb te eindig. Kenjige en Singh se 51-vennootskap het grootliks die VSA-telling lyf gegee gegee. Die VSA-kolwers het 20 grenshoue (15x4, 5x6, 90 lopies) aangeteken.

Van die Eagles se bouleenheid het Shikongo met 3 paaltjies vir 59 lopies in 10 bb, 1 leeg, Shaun Fouché (3/46 in 10), Ruben Trumpelmann (2/36 in 10, 1 leeg) en Pikky Ya France (1/52 in 10) gewoeker. Bernard Scholtz was uiters ekonomies met 0/27 in 10 (1 leeg).

Namibië se kolfbeurt het erg wankelrig begin toe die VSA se naatbouler Ali Khan met twee agtereenvolgende balle in die tweede boulbeurt vir beide Niko Davin (1) en Michael van Lingen (0) skoongeboul het met net twee lopies op die telbord.

Aanvangskolwer Shaun Fouché het saam met Gerhard Erasmus (22 van 41 balle, 2x4) begin konsolideer en het stadig maar seker ’n 51-vennootskap in 18.4 bb gebou voordat Erasmus uitgevang is op 56/3 n 18.4 bb.

Met Nicol Loftie-Eaton (38) voor die penne was Namibië se lopiejaagtog bestendig op koers, maar het vanaf die 34ste bb dramaties ineengestort. Fouché (55, op 125/5), Zane Green (6, op 127/6), Michau du Preez (5, op 135/7), Trumpelmann (0, 135/8), Scholtz (0, op 136/9) en Shikongo (1, 151 almal uit) kon nie VSA-boulaanval hanteer nie.

In die Eagles-kolfbeurt kon slegs 10 balle (8x4, 2x6) vir 44 lopies na die grens gestuur word.

VSA-boulsyfers: Ali Khan (3/21 in 7, 1 leeg), Nisarg Patel (3/29 in 9, 1 leeg), Jessy Singh (2/33 in 7.4), Saurabh Netravalkar (1/13 in 8, 1 leeg) en Gajanand Singh (1/13 in 4) het die Eagles-kolwers totaal en al oordonder.

Gajanand Singh is as speler van die wedstryd bekroon vir sy veelsydige bydrae van 53 lopies, 1/13 en twee vangskote.

Die spanne se vergelykende tellings:

Ná 10 bb: VSA (35/2) NAM (26/2). 20 bb: VSA (85/4) NAM (57/3). 30 bb: VSA (124/6) NAM (115/4). 40 bb: VSA (165/7) NAM (–). 50: VSA (231/9) NAM (–).

DIÉ WEEK SE WEDSTRYDE (alle begintye 09:30):

Vandag: Emirate tn PNG by Wanderers; Jersey tn Kanada by United.

Woensdag: Kanada tn VSA by Wanderers; PNG tn Namibië by United.

Donderdag: Namibië tn Jersey by Wanderers; VSA tn Emirate by United.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!