Feesgevegte hou kampioene besig
Boks
Paulinus Ndjolonimus en Charles Shinima is twee van Namibië se voorste vooruitsigte op die wêreldtoneel.
Twee van Namibië se WBO Afrika-titelhouers is die groot trekpleisters na MTC Nestor Tobias Sunshine Promosies se aand van professionele boksgevegte Saterdagaand by die Ramatex-saal in Otjomuise.
Die supermiddelgewig Paulinus (John John) Ndjolonimus verdedig in die hoofgeveg sy kontinentale titel in die 76.20 kg-klas teen Mbiya Kanku van die Demokratiese Republiek die Kongo.
Shinima, die baas van die WBO Afrika-weltergewigte (66.68 kg), plaas sy kampioengordel teen Angola se Henriques Lando op die spel.
Ndjolonimus (sewende) en Shinima (13de) bevind hulle reeds beide in die top-15 van die Wêreldboksorganisasie se wêreldranglys, waar vegters in die geselskap verkeer om ’n wêreldtitelgeveg vas te knoop.
Op papier lyk beide hul teenstanders minder gevaarlik, maar die risiko bestaan altyd in gevegte wat bloot gereël word vir die topboksers om besig te bly.
Ndjolonimus het sedert 10 April 2021 vir vier gevegte die handskoene aangetrek. Hy het sy landgenoot Anthony Jarmann van Namibië in hul eerste ontmoeting ná net 1 minuut 58 sekondes van die tiende ronde met ’n moordende uitklophou vir die vakante WBO Afrika-supermiddelgewigtitel verslaan.
Met hul herontmoeting in Oktober 2021 het hy Jarmann vroeg in die tweede ronde met ’n uitklophou oorskadu om sy titel te behou.
Erick Tshimanga Katompa van die DRK (Maart 2022) en Delali Miledzi van Ghana (Oktober 2022) was ewe onsuksesvol teen Ndjolonimus.
Hy het Katompa so hard gemoker dat hy nie ná die agste ronde verder wou boks nie. Miledzi het hy in 2:55 van sewende ronde uitgeslaan. Uitklophoue beslaan ’n allemintige 86.6 persent van sy seges.
Shinima het Mohamed Mutalemwa van Tanzanië op 16 Oktober 2021 in die hoofstad vir die vakante titel geklop. Hy het Mutalemwa in die tweede ronde droomland toe gestuur.
Hy het intussen sy titel twee keer suksesvol verdedig. Mziwoxolo Ndwayana van Suid-Afrika is op 19 Maart 2022 in die tweede ronde uitgeslaan, voordat Taiwo Olowu van Nigerië ook as uitdager wat in Oktober 2022 sy moses teëgekom het en nie vir die sesde ronde uit sy hoek gekom het nie.
Shinima spog met ’n uitkloppersentasie van ’n stewige 73.3 persent.
Die Together As One, Deel 9-skouspel se program bied ’n propvol gevegkaart van tien gevegte.
Al die vegters is van Namibië tensy anders aangedui.
1 Veergewig (4 rondes): Fredrich Nghutenanye (6 gewen, 0 verloor) teen Benjamien Dula (1-1, 1 gelykop).
2 Veergewig (6 rondes): Sam Matthews (8-3-2) tn Stefanus Fabianus (4-0).
3 Superkapokgewig (4 rondes): Silas Shanguandja (5-3-1-1) tn Edward Mbango (1-1).
4 Veergewig (6 rondes) Martin Mukungu (8-1) tn Linekela Nghifindaka (3-1).
5 Junior liggewig (6 rondes): Onesmus Nekundi (11-1-5) tn Gerson Vaeta (5-1).
6 Kapokgewig (6 rondes): Nestor Thomas (8-8) tn Lamek Fabian (5-3-1).
7 Junior weltergewig (6 rondes): Paulus Amavila (9-8) tn Jonas Shikukutu (2-2-1).
8 Weltergewig (6 rondes): Immanuel Mungandjela (16-4-1) tn Ebenestus Kaandunge (6-1).
9 WBO Afrika-weltergewigtitel (12 rondes): Charles Shinima (15-0, 11 uitklophoue) tn Henriques Lando (8-4, 7 uitklophoue) van Angola.
10 WBO Afrika-supermiddelgewigtitel (12 rondes): Paulinus Ndjolonimus (15-0, 13 uitklophoue) tn Mbiya Kanku (10-6-1, 10 uitklophoue) van DRK.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie