Green, Khan maak geskiedenis
Krieket
Die T20 Cape Premier League word vanjaar vir die eerste keer van 23 September vir vrouekrieketspelers aangebied.
Yasmeen Khan en Reehana Khan (beide Peninsula Patriots) en Kayleen Green (Atlantic Pirates) sal Namibië in die Kaap verteenwoordig. Yasmeen en Kayleen is Vrydag by ’n veiling in die Moederstad vir onderskeidelik 1.6 en 1.2 miljoen virtuele punte gekoop. Die Namibiese susters het beide onder die topses pryse behaal.
Elkeen van die vier spanne kon voor die veiling vier spelers kies en Reehana, wat in die Kaap werk en krieket speel, is deur die Patriots opgeraap. Elke span bestaan uit ’n groep van 16 spelers van wie 12 op die veiling gekoop is.
Spanne bestaan uit junior en senior provinsiale spelers, asook vroue wat in die Westelike Provinsie-krieketvereniging (WPKVPL) se uiters mededingende premierliga speel.
Die krieketklub is Durbanville, Hanoverpark, Somerset Wes, Old Mutual, Pollsmoor, Victoria, Tygerberg en die Universiteit van die Wes-Kaap.
MEES WAARDEVOL
Die voormalige Protea-kaptein, Mignon du Preez, was die duurste kopie teen 2.8 miljoen, gevolg deur Babette de Leede van Nederland (1.8 miljoen), Yasmeen Khan (1.6), Saarah Smith (1.6 miljoen), Leah Jones (1.6 miljoen), Kayleen Green (1.2 miljoen), Miya Lalor, Michaela Hanekom, Tatum le Roux (1 miljoen elk) en die Zimbabwiese nasionale speler Sharné Mayers (800 000).
Die vier spanne is uit 165 spelers gekies.
Die vier konsessiespanne is die Atlantic Pirates, Cape Vikings, Hoeri Kwaggo Bulls en Peninsula Patriots.
Die blootstelling in professionele T20-ligas word as welkome nuus vir die groei van Namibiese vrouekrieket en die nasionale span, die Capricorn Eagles, bestempel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie