Hengelspanne teen Suid-Afrika gekies

Strandhengel
Tanja Bause
Die Namibiese Strandhengelvereniging (NSAA) het onlangs sy nasionale kampioenskap afgehandel, waarna die uitsoekspanne aangekondig is wat in die Gus Kohlner-toernooi en die Gala-toernooi teen Suid-Afrika gaan deelneem.

Die nasionale kampioenskap is oor drie dae gehou en hengelaars het soveel as moontlik eetbare en nie-eetbare visse gevang om punte op te bou.

In geheel is 10 285.10 kilogram visse gevang, gemeet, aangeteken en veilig terug in die see geplaas.

Een van die mees uitstaande vangste was die 6.8 kilogram elfvis (shad) deur Donnavan Bezuidenhout, wat ook ’n nuwe NSAA-rekord is.

Brian Curtis het ’n kabeljou van 25.1 kg gevang en Lindie Krauze ’n kabeljou van 12.2 kg.

Die volgende spanne is aangewys om van 10-12 Oktober teen Suid-Afrika in Jefffreysbaai in die Gus Kohlner-toernooi deel te neem.

A-PRESIDENTSPAN: Wikus Viljoen, Louis Fernaux, Joe Herman, Leon Krauze, Rinus van der Westhuizen, Martinus Venter en Murray Lewis. Bestuurder: Corne Kruger.

B-PRESIDENTSPAN: Marco Klein, Pieter van Aarde, Clinton Barnard, Tertius Potgieter, Johan van Niekerk, Heini Zahrt en William Schickerling. Bestuurder: Jaco Mertens.

ONTWIKKELINGSPAN: Stefanno Strappazzon, Eric Mans, Terence Knowles, Wentzel Smal, Emile van Heerden, Burger van Taak en Donnovan Bezuidenhout. Bestuurder: sal aangekondig word

MEESTERS PRESIDENTSPAN: Johan Agenbag, Simen Andersen, Andre Bezuidenhout, Jörg Walder, Jaco Venter, Lance Mills en Henning du Plessis. Bestuurder: Danie du Toit.

VROUE PRESIDENTSPAN: Lizelle Smit, Sarah Ann Mills, Jacomine Heath, Nadine Downing, Abriana Koberzig, Renate Gruttermeyer en Maryna Viljoen. Bestuurder: Hennie Cloete junior.

VETERANE PRESIDENTSPAN: Allan Langenstrassen, Hannes de Haast, Gunther Krauer, Danie Smit, Stephan Swanepoel, Christo Senekal en Werner van Riet. Bestuurder: sal aangekondig word

• Die volgende spanne sal in die Gala-toernooi van 5 tot 7 Desember in Namibië deelneem.

SENIOR MANS: Martin Cordier, Brian Curtis, Emil Prinsloo, Johan Kotze, Johan Visser, Tiaan Fourie en Chrisjan Potgieter. Bestuurder: Johan Agenbag. Hulpbestuurder: Corne Kruger.

MANS ONDER 21: Herman Krauze, Sven Welzig, Francois Wolfaardt, Alexander Jansen, Henco Snyman, Devon Burger en Kevin Paige. Bestuurder: Tinus Venter. Hulpbestuurder: Louis Potgieter.

SEUNS ONDER 16: Heiko Doll, Rudy Swartz, Christiaan Potgieter, Stephan Snyman, Dania Maas, Flippie Swartz en JC Knight. Bestuurder: Gunther Doll. Hulpbestuurder: Rudi Swartz senior.

VROUE: Lindie Krauze, Nadia Steenkamp, Jacomine Heath, Nadine Downing, Karmen Mynhardt, Cecilia Brandt en Maryna Viljoen. Bestuurder: Karel Agenbag. Hulpbestuurder: Tian Mostert.

MEESTERS: Lourens Fourie, Adri Roets, Johan Burger, Boytjie Schickerling, Leslie Paige, Andries Burger en Ettienne Stipp. Bestuurder: Herbert van Niekerk. Hulpbestuurder: Pieter van Aarde.

GROOTMEESTERS: Jorg Walter, Deon Jacobs, Henry Loubscher, Charles Bothma, Herman Fourie, Bertie Dedericks en Danie du Toit. Bestuurder: Jaco Venter. Hulpbestuurder: Henning du Plessis.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!