Hier is die eerste wenfoto
Adell Malan is as die eerste wenner van Republikein se weeklikse fotokompetisie gekies. Die een wat die wenfoto instuur, stap weg met ’n prys van N$1 000.
“Dit is Snuffels en dit was haar eerste vakansie in Hentiesbaai. Sy het haarself verkyk aan die snaakse ding wat aangevlieg kom,” het Adell oor die oulike kiekie gesê.
Die wenfoto is uit 151 inskrywings gekies.
HOE DIT WERK
Slegs een foto per persoon per week word toegelaat.
Alle foto’s wat in ‘n spesifieke werksweek (Maandag tot Vrydag) ontvang word, kwalifiseer vir die prys.
Die week se wenfoto word op Maandae deur Republikein se hooffotograaf en/of senior redakteur aangewys en bekend gemaak.
Foto’s wat op Saterdae en Sondae ontvang word, word vir die volgende week oorweeg.
Die beoordelaar/s se besluite is finaal.
Deur deel te neem, bevestig jy dat die ingeskrewe foto jou eie werk/skepping is, nie aan enigiemand anders behoort nie en ook nie onderworpe aan bestaande kopieregbeperkings is nie.
Republikein mag alle inskrywings publiseer (in druk/aanlyn) en dit vir bemarkings- en kommersiële doeleindes op 'n redelike en billike wyse gebruik.
Wenners moet bereid wees om die kompetisie te help bemark.
Die organiseerder waarborg die veilige bewaring van persoonlike inligting en hou rekord van alle inskrywings en prystoekennings.
Geen werknemers van Republikein of Namibia Media Holdings en sy filliale kwalifiseer om enige prys te wen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie