Jong Eagles vir WB-taak aangewys
Krieket
Die jong groep moet Namibië se eerste verskyning by 'n o.19 Wêreldbeker sedert 2018 verseker.
Krieket Namibië het sy junior span aangekondig wat The Land of the Brave van 21 tot 31 Julie by die kontinentale o.19 Wêreldbeker-uitduntoernooi in Tanzanië gaan verteenwoordig.
Die o.19-Eagles sal teen Nigerië, Sierra Leone, Kenia, Uganda en die gasheerspan Tanzanië vir die enkele beskikbare posisie meeding.
Slegs 16 manspanne sal by die 2024 o.19 Wêreldbeker in Sri Lanka in aksie wees.
Uit die vyf wêreldwye plekke vir assosiaatlande by die 15de junior Wêreldbeker in eendagkrieket het Nepal reeds die regmerkie in Asië beklink toe hy in Maart die Verenigde Arabiese Emirate uitgeskakel het.
Die elf lande wat regstreeks vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het, is almal toetsspelende lande en volledige lede van die Internasionale Krieketraad (ICC) – Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Ierland, Indië, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe.
Nieu-Seeland moet nog kwalifiseer, maar behoort in sy Pasifies-Oos-Asië-groep dié taak met oortuiging af te handel.
VAARDIGHEDE
Namibië se laaste verskyning by ’n o.19 Wêreldbeker was in 2018.
In 2021 was die kontinentale uitduntoernooi in Rwanda. Dié keer is die Namibiërs gesink toe hulle nie 201 teen Tanzanië kon jaag nie, met ’n 14-jarige draaibouler wat met 5/28 ’n groot hap gevat het om hulle vir 152 uit te boul.
Die toernooi is uiteindelik op netto kolftempo deur Uganda gewen, gelyk op ses punte met Namibië en Tanzanië.
Dié week is die Namibiese groep van 14 spelers aangekondig na ’n tydperk van intensiewe oefensessies en proewe wat noukeurig deur die keurders dopgehou was.
Krieket Namibië se nuut aangestelde hoëprestasiebestuurder en o.19-afrigter, Oscar Nauhaus, sê die span beskik oor ervaring en talent.
“Die span spog met goeie ervaring, insluitend van die spelers wat aan die vorige o.19-Wêreldbekeruitdunne deelgeneem het. Die gekose spelers beskik oor ’n verskeidenheid vaardighede. Dit bied ons die geleentheid om in Tanzanië aanpasbaar in ons benadering te wees,” het Nauhaus vertel.
Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, sê: “Ons is baie trots op die 14 gekeurde spelers. Die keuringsproses het in Augustus 2022 begin en het verskeie toernooie, toere, proefnaweke en kampe ingesluit.
“Deel van Krieket Namibië se visie is om op wêreldvlak mededingend te wees, wat die afgelope maande deur ons senior nasionale mans- en vrouespanne bereik is.
“Die fokus is nou op ons o.19-mans en -vroue. Hulle sal ons volle ondersteuning by die kwalifiseringskompetisies geniet. Krieket Namibië glo ons het die regte talent om te kwalifiseer en dan onsself teen die heel bestes by ’n Wêreldbeker te meet.”
Drie streke moet nog hul WB-kwalifiseerder bepaal – Europa (12 tot 21 Junie) in Nederland; Pasifies-Oos-Asië (12 tot 21 Junie) in Darwin, Australië; en die Amerikas (11 tot 17 Augustus) in Kanada.
Namibië se 14-tal is Alexander Volschenk (kaptein), Gerhard Janse van Rensburg (onderkaptein), Adriaan Louw, Faf du Plessis, Franko Bergh, Hanro Badenhorst, Hansie de Villiers, Jack Brassell, Junior Kariata, JW Visagie, Peter Daniel Blignaut, Ryan Moffett, Woutie Niehaus, Zacheo van Vuuren.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie