Katolieke Kerk in Khomasdal vier halfeeu
Die Katolieke Kerk se gebou in Khomasdal is net steen en sement, maar oor die afgelope 50 jaar het dié gemeente dit laat skitter soos ‘n huis van goud.
Dis amper soos die versie “as die Here die huis nie bou nie tevergeefs bou die bouer”.
Die gemeente was vir ‘n halwe eeu die gom wat deur dik en dun so hard soos klip geword het om nie net die gebou nie, maar ook die lede bymekaar te hou. Danksy God!
Vanaf ‘n nederige begin uit die Ou Lokasie 50 jaar gelede het God se liefde op die klipgebou gereën vir hul volgehoue verspreiding van die Woord.
In 1972 het ‘n helikopter nes God se woord oor die gebou gedaal met die pragtige ysterkruis wat tot vandag toe die uitstaande kenmerk van die gebou is.
Die hoofkontrakteur was Hoch und Tief met Nico Koopman as subkontrakteur en daarna het die hele gemeente ingespring en gehelp dat die gebou steen vir steen verrys het. Die klokke wat uit Duitsland gekom het, is geskenk deur biskop Rudolf Koppmann ‘n boorling van Duitsland wat Namibië sy tweede tuiste gemaak het. Daarna het die klokke Sondae helder om 08:00 gelui om die gemeentelede te herinner dat nog ‘n Heilige Mis op pad is.
Nog ‘n weldoener is Peter Weidner van Karasburg wat ‘n reusebedrag geskenk het om die dak te laat opsit. Dit was inderdaad ‘n bydrae waaroor Katolieke vandag nog trots op is. Volgens van die ouer geslag gemeentelede was van die vroegste volgelinge van verskeie familielede en het oortyd gewerk om Khomasdal se eerste Katolieke Kerk te bekragtig. Inderdaad was dit ‘n hoogs geslaagde poging wat tot vandag toe nog in Khomasdal pronk.
Die eerste priester Allan Bruk was net soos die klok ook uit Duitsland oorspronklik en daarmee het hy sy droom verwesenlik met ‘n kerkgebou wat hom herinner het aan ‘n kerk wat hy in Nederland gesien het.
‘n Kenmerk in die begin jare was die oop beursies van gemeentelede wat tydens funksies hul harte oopgemaak het om die mooi gebou ‘n werklikheid te maak. Terwyl bouwerk aan die gang was, het gemeentelede in twee klaskamers kerkdienste gehou voordat hulle oorgeskuif het na die skoolsaal. Daarna was dit die groot gewag vir hulle om eendag oor die drumpel van die droom kerk te stap.
Kerklid Jannie Bessinger het by navraag dit raakgevat toe hy beklemtoon het: ‘’Ons het regtig goed as gemeente en priesters saamgewerk. Vandag kan ek met trots sê dat Khomasdal se Katolieke stewige bydraes gelewer het.’’
Kallie Bessinger en sy vrou, Tina, het saam met ‘n span ingeklim om die Maria Grot te skep. Daarna het verskeie priesters voortgebou op die sterk fondasie wat gelê was.
Biskop Koppmann het sy seën uitgespreek oor die kerk. Destyds was die jongelinge ywerig om wyser te word van die Katolieke geloof en het by tye twee uur voordat die Heilige Mis sou begin voor die kerk se deur gestaan. Almal wou misdienaars word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie