Kiekiekompetisie - 31 Mei 2024

Wen ’n wegbreek
Ons kiekiekompetisie het 1 Mei afgeskop. Die wenner sal op Vrydag 31 Mei gekies word en op Maandag 3 Junie op Republikein se voorblad verskyn.
Van kleurvolle reënboë en lawwe troeteldiere tot asemrowende landskappe en rare natuurverskynsels – Republikein wil jou foto’s sien!

Ons kiekiekompetisie is nie net vir die gesoute fotograaf nie, maar elkeen met ’n kamera of selfoon kan deelneem. ’n Naweekwegbreek is op die spel, aan jou gebring deur Enjoy, en as ’n bonus sal die maandelikse wenfoto ook op Republikein se voorblad pronk.

Stuur jou foto via WhatsApp na 085 785 6231. Wag om ’n boodskap terug te ontvang en kies dan “lesersbydraes” op die kieslyn. Kies daarna “lesersfoto”, heg jou foto aan en stuur.

Ons raai WhatsApp-gebruikers aan om die HD-funksie te gebruik om ’n foto op hierdie platform te stuur om die kwaliteit van die foto te behou.

Foto’s kan ook per e-pos na [email protected] gestuur word.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A #N/A #N/A