The Spirit is ’n a cappella groep wat môre ten bate van kinders met spesiale behoeftes sal optree. Foto Susanne Berchtold
The Spirit is ’n a cappella groep wat môre ten bate van kinders met spesiale behoeftes sal optree. Foto Susanne Berchtold

Konsert vir kinders met spesiale behoeftes

Tanja Bause
Die organisasie We do Special wat vroeg dié jaar in Maltahöhe deur Susanne Berchtold gestig is, kom Windhoek toe om geld in te samel.

“Ons is ‘n organisasie wat opleiding aan kinders en jong mense met spesiale behoeftes wil verskaf. Ons wil vir die mense wat nou min of geen hoop op werk het nie, vir twee of drie jaar beroepsopleiding in verskillende gebiede soos landbou, kleinvee, kombuis en huishouding, metaalwerk, skrynwerk en rekenaarkunde bied. Met die hoop dat hulle dan iewers werk kan kry en selfstandig kan wees.”

Die a cappella-groep The Spirit sal môre by die NG Kerk in Windhoek-Oos vanaf 18:30 optree.

Toegang is gratis, maar ‘n skenking vir We do Special is welkom.

“Ons sal borde met braaivleis en verversings vanaf 17:30 verkoop,” het sy gesê.

The Spirit is ‘n a cappella-groep wat uit sewe jong mans bestaan wat ook in marimbas en jazz gespesialiseerd het.

“Al die mans is almal by die projek betrokke. Hulle is byvoorbeeld die elektrisiën, die bouer, die skrynwerker en die man wat die groentetuin behartig. Hulle het al met hul vorige groep in Duitsland getoer. Hulle het na my toe gekom en gesê dat hulle ’n nuwe groep wil begin om geld vir We do Special te kan insamel. Hulle is almal passievol en wil ‘n verandering in die lewens van die kinders maak. Hulle wil aandag op die projek vestig. Hulle het al ‘n CD uitgereik en tree gereeld vir geldinsamelings op.”

“Asseblief kom ondersteun ons sodat ons volgende jaar meer kinders met spesiale behoeftes kan inneem, help en oplei. Vir meer besonderhede kontak 081 208 9528.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!