Maak die meeste van dié feesseisoen
“Dashing through the snow
In a one-horse open sleigh
O’er the fields we go
Laughing all the way
Bells on bobtails ring
Making spirits bright
What fun it is to ride and sing
A sleighing song tonight, oh!”
Kry dit jou nie in ’n Kersluim nie? Dit is nog net 24 dae voor Kersfees. Kan jy dit glo?
Hoe ver is jou beplanning? Is jou Kersboom al opgeslaan? Het jy al die spyskaart vir Kersdag begin uitwerk?
Is die gaste klaar genooi? En wat van Kerskaartjies? Word dit nog gepos of word dit deesdae net aanlyn gestuur? Of stuur enigiemand behalwe besighede nog Kerskaartjies?
En het jy met die afgelope winskopiedag iets spesiaal vir jou kinders of anderhelfte as ’n Kersgeskenk gekoop?
Daar is soveel dinge om aan te dink. En dan moet daar nog vir die vakansie beplan en gepak word. Let wel, dit is net vir die gelukkiges onder ons wat nog ’n vakansie kan bekostig.
Ek staan die anderdag in ’n winkel en my mond het letterlik oopgehang toe ek die pryse van nagemaakte Kersbome sien. . . meer as N$800!
Nee wat, daardie geld kan definitief beter aangewend word. My skoonmense het altyd ’n boomtak in die veld opgetel en dit versier. Dit help as jy op ’n plaas bly. Dit was oorspronklik, goedkoop en het rêrig mooi gelyk; én dit is omgewingsvriendelik, behalwe dalk vir sommige van die versierings.
Ek weet baie mense, soos my suster en haar gesin, sit nie net ’n Kersboom op nie, hulle versier hul huise binne en buite. Dit lyk altyd so mooi en ek bewonder die mense wat soveel moeite doen.
Baie mense gaan ook uit hul pad om na die Kersliggies in Onafhanklikheidslaan te gaan kyk. Ek dink hierdie jaar gaan ek ook moeite doen om te gaan. Ek was bevoorreg om al na die Kersliggies in Londen, Engeland, se strate te gaan kyk het en dít was iets om te aanskou.
Jy weet Kersfees is om die draai wanneer Universal op DStv jou met Kersflieks begin bombardeer. Jy kan nie jou rug draai nie, dan is dit weer een van daai soetsappige flieks. Dis nou waar twee vreemdelinge mekaar terloops ontmoet en stilweg verlief op mekaar raak, maar nie vir mekaar sê nie. Dan is daar ’n misverstand en hulle verloor kontak. En net voor die einde van die fliek dan kom hulle bymekaar uit en “live happily ever after”. Ek is nou een maal nie ’n “fan” van romantiese flieks nie.
Amper vergeet ek van die winkels en die Kersliedjies wat aanhoudend in jou ore druis. Sommige liedjies is oukei, maar ek hoop dié jaar hoor ek nie ’n Mariah Carey-Kersliedjie nie!
Ek was die afgelope jare nie rêrig in ’n Kersbui nie; miskien is dit hierdie jaar tyd om my gesindheid teenoor die feesseisoen te verander.
“Jingle bells, jingle bells
Jingle all the way
Oh, what fun it is to ride
In a one-horse open sleigh, hey!
Jingle bells, jingle bells
Jingle all the way
Oh what fun it is to ride
In a one-horse open sleigh.”
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie