Dialysis
Dialysis

Miljoene jaarliks vir dialise

Private sektor trek voordeel uit tekort
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het verlede jaar erken Namibië het slegs 'n handvol dialise-personeel.
Jemima Beukes
Jemima Beukes - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bestee jaarliks meer as N$50 miljoen vir dialise-dienste by private geriewe. Staatspasiënte word noodgedwonge na private instellings verwys omdat die ministerie 'n tekort aan dialise-stoele het. Die ministerie het tans sowat 20 dialise-stoele oraloor die land. Dit sluit in die nuutste ses by 'n voorafvervaardigde sentrum wat oorspronklik opgerig is vir Covid-19-pasiënte by die Katurua-hospitaal se respiratoriese eenheid.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, is met 'n veldtog begin in 'n poging om die aantal dialise-stoele oraloor die land weens die dringende aanvraag te verhoog.

"Nie-oordraagbare siektes kom baie in die land voor en daar is 'n aanvraag vir hierdie diens. Ons het baie pasiënte en wat ons (ministerie) het, is nie voldoende vir almal nie. Die aard van hierdie siektes is dat behandeling nie vertraag kan word nie. Dit is hoekom ons pasiënte na private geriewe verwys," het Nangombe gesê.

Hoewel die verwagting is om 'n afname in openbare besteding op dialise-dienste te sien sodra die regering nog stoele aankoop, sê Nangombe sommige pasiënte sal steeds na private geriewe verwys word as die staat beperkte kapasiteit het.

Die hoop volgens hom is dat dialise-dienste na Keetmanshoop, Rundu en Katima Mulilo uitgebrei kan word.

Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het verlede jaar in die parlement gesê wanneer die projek uiteindelik uit die blokke is, gaan gekwalifiseerde personeel buite Namibië se grense aangestel moet word. Die land het net 'n handvol dialise-personeel en wat insluit 'n toegewyde dokter, 'n nefroloog, dialise-verpleegkundiges en dieetkundiges.

"Ons sal hierdie personeel in die tussentyd buite die grense van die land moet werf, terwyl ons ons eie oplei. Die regering finansier twee Namibiërs wat tans opleiding as nefroloë buite die land ontvang.

Gegewe die aantal nuwe dialise-eenhede wat ons oraloor die land wil vestig, moet die ministerie indiensopleiding aan meer geïdentifiseerde verpleegsters verskaf wat in hierdie eenhede kan diens verrig," het Shangula gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!