Milla en Miko op vaart
Renstelresies
In twee kompeterende klasse maak die twee sibbe vinnig opgang.
Die Botha sussie en boetie, Milla (8 jaar) en Miko (6), is besig om hulself met stewige vertonings in die Namibiese nasionale renstelkampioenskap te vestig.
Tydens die vierde rondte van die kampioenskap by die Tony Rust-renbaan wes van Windhoek het die duo opnuut aan die Kid Rok- en Bambino-klas deelgeneem.
Hoewel die deelnemers nog baie jonk is, jaag hulle met dieselfde passie en toewyding as die gesoute spoedvrate in baanrenne. Elke kompetisie is propvol aksiebelaaide wedproprenne met ’n dag vol hoogte- en laagtepunte vir die jong jaers aan die stuur van sake.
Die Botha-span het tydens die vierde ronde weereens puik resultate behaal.
Milla en Miko is ná die byeenkoms eerste en tweede in die nasionale kampioenskap in hul onderskeie klasse.
In Milla se klas vir kinders van sewe tot 12 jaar het sy teen uiters taai kompetisie ’n algehele tweede plek vir die dag ingepalm. Ná die kwalifiserende rondtes het sy in die vierde plek weggespring, met Kristopher Koudelka in die eerste posisie.
Haar tyd was meer as ’n sekonde stadiger in die eerste ren as dié van die wenner. Maar ná klein verstellings aan haar renstel het sy die tweede ren gewen en slegs 0,3 van ’n sekonde stadiger as die wenner van die eerste ren geëindig, met Hermann Schouw tweede.
In die tweede ren was daar ’n ongeluk in die tweede draai. Sy het heel behendig daar verby geskiet en die voortou geneem om die geruite vlag te ontvang.
In die derde en laaste resies oor agt rondtes was Milla vierde om algeheel tweede in haar klas vir die dag te eindig.
MIKO
Miko het ’n bykans foutlose reeks vertonings gelewer. Hy het die vinnigste tyd in die kwalifiseringsrondes aangeteken. Dit het hom die voorste wegspringposisie vir die eerste van die drie renne besorg.
Met die eerste resies het hy tydens die eerste baanrondte by die haarnaalddraai getol en in die proses vier posisies verloor. Klein Miko het hierna alles uit sy renstel gehaal en ’n nuwe baanrekord van 43.35 sekondes opgestel.
Dit is ’n volle sekond vinniger as Milla se baanrekord van 2022 in dieselfde klas! In die derde ren het Miko weer sy teenstanders vir ’n sege uitoorlê.
Die Botha-span sê: “Cecil Koorts van Cema Drilling wat die hoofborg was, het ’n fantastiese byeenkoms aangebied.
“Ons was verras hoe professioneel die kompetisie aangebied was. Ons het al aan verskeie internasionale wedrenne deelgeneem en hierdie byeenkoms kan by die bestes kers vashou. Baie dankie aan almal wat dit ’n wonderlike dag gemaak het.”
Die voorste uitslae:
Bambino: 1 Miko Botha, 2 Ned Hannam, 3 Russel Josephat.
Kid Rok: 1 Hermann Schouw, 2 Milla Botha, 3 Kristopher Koudelka.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie