’n Perfekte pienk weerkaatsing
Stephen Croucamp is die wenner van verlede maand se kiekiekompetisie met dié pragfoto wat hy by Walvisbaai se strandmeer geneem het.
Hy wen 'n naweekwegbreek by die Barkhan Dune Retreat naby Solitaire vir hom en ’n metgesel, geborg deur Enjoy Travel. Hy gaan twee nagte in een van hul unieke "dune chalets" deurbring.
Stephen woon in Swakopmund en het dié foto met sy Canon 750D-kamera met ’n 300 mm-lens geneem.
“Ek het die oggend in Walvisbaai gesien dit is ’n windstil dag en besluit om ’n draai by die strandmeer te gaan maak. Die toestande was perfek en ek het ’n paar van die flaminke gekry.
“Skielik het die een flamink op sy eie gestaan en sy weerkaatsing was perfek,” vertel Stephen.
Hy sê verder dat hy tydens die Covid-19-pandemie saam met drie fotograwe op ’n wildsplaas vasgekeer was en dit as die perfekte geleentheid gesien het om fotografie te leer.
“Nou is my kamera altyd ’n hanetreetjie van my af om só ’n oomblik te kan vasvang.”
Stephen het die afgelope 15 jaar ’n groot liefde vir voëls, veral dié van Suider-Afrika.
“Ek het hierdie foto ingestuur om te bewys as jy werklik die geleenthede wat oor jou pad kom gebruik, iets perfek kan uitdraai net soos die weerkaatsing.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie