crime
crime

PAS IN: 'n 56-jarige vrou verkrag

Ellanie Smit
’n 56-jarige vrou is Saterdag deur twee 22-jarige mans verkrag naby die Eembachu Combined School in die Eembachu-dorpie in die Ondobe-kiesafdeling, Ohangwena-streek. Die mans is geïdentifiseer as Namibiër en Angolese. Daar word beweer dat die twee mans die vrou verkrag het terwyl sy van 'n cuca-winkel na haar huis gestap het. Die verdagtes is deur die gemeenskapslede geïdentifiseer op grond van bewyse wat op die misdaadtoneel gevind is wat aan hulle behoort het. Die verdagtes is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer