No Image Caption

SMS’e vir 1 Desember 2022

Mandy Rittmann
Die wedstryd Sondag tussen die Sharks en Cardiff verwys: Lyk my Neil Powell gaan ’n groot taak op sy skouers hê om eerstens sy Sharks spelers dissipline en hanteerwerk te leer. Die beslissing Sondag in die wedstryd tussen Sharks en Cardiff dat die vleuel van Sharks in die doelgebied van die Sharks doelbewus die bal aangeslaan het toe hy dit agtertoe geslaan het (en daardeur eintlik ’n drie gered het) en ’n strafdrie toe toegeken is, gaan my verstand te bowe. ’n Sharks speler kan ’n bal tog net vorentoe aanslaan, met ander woorde in die rigting van sy teenstander se doellyn, en nie agtertoe in die rigting van sy eie doellyn nie.

Gobabis Nampost, hoekom moet mens ekstra N$119 betaal om pakkie in Windhoek te kry, en dan weer ekstra om daarvandaan Walvis toe te stuur?

Baie dankie Momentum-kortermynversekering. Jul is tops en Auto Exec vir jul flinke en uitstekende diens.

Vandag ontdek dat ons seun se foto met raam en raam op my pa se graf afgebreek en gesteel is, maar so ook by ander grafte. Verstaan nie wat is die doel van sekuriteit by Gammas-begraafplaas nie. Was eens op ’n tyd die beste en mooiste begraafplaas maar nie meer.

Mnr. Gerhard Engelhardt, wil jy nie asseblief dringend kontak maak met Ackermans nie. Jy het ’n prys gewen en hulle bel my elke dag.

– Elmo Plaatjies

Ek verstaan Psemas werk nog op 2014 se tariewe. Ons kliënte is veronderstel om net ’n 5%-bybetaling te doen, maar nou is die bybetalings veel meer?

Hoekom is die waatlemoene en spanspek so duur hierdie jaar?

Trein na Sossusvlei op ys: Dankie tog vir ’n klein bietjie goeie nuus en ’n teken van ’n greintjie gesonde verstand!

Swapo se inkomstesyfers. Die nuwe Swapo-hoofkantoor word gebou teen ’n koste van N$700 miljoen! Wat ’n onuitspreeklike skande! En dit règ oorkant die eens trotse Katutura-hospitaal, wat nou deur rotte en kakkerlakke oorgeneem word. Weens ’n totale gebrek aan finansiering en dienslewering op àlle vlakke! Ek het nie woorde nie.

Voor onafhanklikheid het 800 polisiemanne die hele land se misdaad in beheer gehou. Nou kan hul dit nie eens doen met 10 000 polisiemanne nie. Misdaad raak net meer en van die polisie help dit aan.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!