SMS’e vir 30 November 2022
Victory for Nandi-Ndaitwah. Al is ek nie Swapo nie, maar sy verdien dit regtig. Sy moet net vir Leon Jooste terugroep as prime minister as sy op die stoel kom.
Waarom hinder die verlede jou? Is elke volk nie geregtig op sy geskiedenis nie. Hoekom kyk jy terug en nie vorentoe nie. Nou moet ons vaskyk in standbeelde wat nuut opgerig is, terwyl daardie geld kon gegaan het vir soveel mense wat honger is. Soveel mense wat nog in sinkhuise bly, wat nie ordentlike water en toiletgeriewe het nie. Soveel geboue wat verval. Katutura se hospitaal wat in ’n haglike toestand is. Word daar so min van ons mense in hierdie land gedink? Moenie dat die verlede jou besig hou nie. Bou eerder aan die toekoms. Ek stem saam met die leser, die wegvat van Curt gaan nie die geskiedenis verander nie. In 32 jaar se tyd het alles net agteruit gegaan.
Ek wonder maar net. Uit watse materiaal is Oom Curt se standbeeld gemaak? Voel dan nou asof die magtige paar CoW-raadslede van dit wil ontslae raak, om dit voorkant toe te verkwansel? Is daar niks beter te doene om julle salarisse te verdien nie?
Die besluit om Von Francois se standbeeld te verwyder is in ’n steengebou met lugreëling en elektriese ligte deur mense geneem, wat met motorkarre op teerpaaie na die vergadering gery het. Ek vermoed dat die besluitnemers onbewus van die feit is, dat geen van dié luukshede hier sou wees indien Von Francois en sy maters nie hier sou geland het nie? Nie eens ’n wiel was in die land. – Rolf Redecker
Die wedstryd Sondag tussen die Sharks en Cardiff verwys: Lyk my Neil Powell gaan ’n groot taak op sy skouers hê om eerstens sy Shark- spelers dissipline en hanteerwerk te leer. Die beslissing Sondag in die wedstryd tussen Sharks en Cardiff dat die vleuel van Sharks in die doelgebied van die Sharks doelbewus die bal aangeslaan het toe hy dit agtertoe geslaan het (en daardeur eintlik ’n drie gered het) en ’n strafdrie toe toegeken is, gaan my verstand te bowe. ’n Sharks-speler kan ’n bal tog net vorentoe aanslaan, met ander woorde in die rigting van sy teenstander se doellyn, en nie agtertoe in die rigting van sy eie doellyn nie.
Gobabis-Nampost, hoekom moet mens ekstra N$119 betaal om pakkie in Windhoek te kry, en dan weer ekstra om daarvandaan Walvis toe te stuur?
Baie dankie Momentum-kortermynversekering. Jul is tops en Auto Exec vir jul flinke en uitstekende diens.
Vandag ontdek dat ons seun se foto met raam en raam op my pa se graf afgebreek en gesteel is, maar so ook by ander grafte. Verstaan nie wat is die doel van sekuriteit by Gammas-begraafplaas nie. Was eens op ’n tyd die beste en mooiste begraafplaas maar nie meer.
Mnr. Gerhard Engelhardt, wil jy nie asseblief dringend kontak maak met Ackermans nie. Jy het ’n prys gewen en hulle bel my elke dag. – Elmo Plaatjies
Ek verstaan Psemas werk nog op 2014 se tariewe. Ons kliënte is veronderstel om net ’n 5%-bybetaling te doen, maar nou is die bybetalings veel meer?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie