Trein na Sossusvlei op ys
‘Kan die karakter van die omgewing verander’
Die omgewingsklaringsertifikaat lig verskeie kwessies uit wat skadelik vir die omgewing kan wees.
Katharina Moser – Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, het in Maart die konsessieregte aan Sky Eye Tours & Hospitality toegeken om ’n gemotoriseerde vervoerstelsel vir passasiers, ofte wel ’n lugtrein, na Sossusvlei te bou.
Dit is op voorwaarde dat die Nasionale Erfenisraad geen besware het nie, Sky Eye Tours & Hospitality oor ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) beskik en Namibia Wildlife Resorts (NWR) betrokke moet wees.
Juis dié ECC het aan die lig gebring dat die projek in verskeie opsigte skadelik vir die omgewing kan wees.
“Die grootste bekommernis is dat dit die karakter van die omgewing sal verander. Dit is nou ’n plek van natuurlike onaangetaste natuurskoon. ’n Unieke verkoopspunt en groot trekpleister vir besoekers. Namibië is een van die min lande ter wêreld wat nog sulke plekke het wat nie deur moderne ontwikkeling geraak is nie, en terselfdertyd redelik maklik toeganklik is,” sê Green Earth Environmental Consultants wat die ECC opgestel het.
“Namibië word aan toeriste verkoop wat aangetrek word deur Namibië se wilderniskarakter en ongerepte skoonheid. Dit het baie skaars in die wêreld geword, en as Sossusvlei nog ’n ‘Disneyland’ word, sal Namibië ’n belangrike unieke verkoopspunt verloor.
“Boonop moet die gebied as ’n Unesco-erfenisgebied beskerm word. Dit kan nie bewys word of die skade wat die voertuigspore aanrig meer as die trein s’n is nie. Die oprigting van ’n kraglyn vir die trein kan die skoonheid van die Tsauchabvallei vernietig. Verder sal meer vullis- en geraasbesoedeling voorkom. Die lang boufase kan ook die grond erodeer en die wilde diere afskrik.”
Daarbenewens twyfel die konsultante oor die finansiële stabiliteit van die projek; daar is geen voorsorgmaatreëls in plek as die beleggers belangstelling verloor of bankrot speel nie. Die nodige beleggings is ook enorm.
Die konsultante is ook bekommerd oor die gehalte van toerisme en die situasie van ander nabygeleë operateurs. Ná die pandemie stel toeriste nie meer daarin belang om in groepe in treinwaens geprop te word nie.
Verder het Sky Eye Tours & Hospitality ’n monopolie oor die gebied verkry: “Dit laat rooi ligte flikker: dit sal duurder vir Namibiërs wees om hul eie natuurlike erfenisgebiede te besoek. Wat gebeur in die geval as die treinstelsel faal?
“En vrae ontstaan wanneer ’n private maatskappy – wat nie deur ’n oop tenderproses verkies is nie – die monopolisering van toegang in so ’n belangrike gebied in ’n nasionale park het.”
Die konsultante is van mening dat die operateur dalk nie genoeg ondervinding in toerisme en treindienste het nie, wat daartoe kan lei dat Namibia Wildlife Resorts (NWR) inkomste kan verloor. Die swak kommunikasie met die ministerie van die omgewing word ook bevraagteken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie