Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het uitstekend gejaag. Foto Floris van Schouwenburg
Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het uitstekend gejaag. Foto Floris van Schouwenburg

Wilro, Rian sit die Tara-kat ore aan

Tydrenne
Dippenaar is ook 'n vorige wenner van die gesogte tydren.
Tielman Van Lill
Wilro Dippenaar en Rian Kritzinger het Saterdagnamiddag onderskeidelik die motor- en veldren-afdeling van die 2023 M+Z Motors Tara-tydren ingepalm.

Dippenaar en sy navigator, Carolyn Swan, was Vrydagaand ná die eerste 12 skofte met sy S4-klas PZN Panel Beaters 4x4-Ford Fiesta R5 1.6T reeds met 50 sekondes voor Allan Martin en Maretha Olivier (S4 J&P Hydraulics 4x4-Skoda R5 1.6T).

Saterdag het Dippenaar die gaping tot 3 minute 19 sekondes tussen hom en Martin vergroot om in 1 uur 39 minute 18 sekondes in te klok.

Martin in 1:42:37 het die tweede posisie ingeneem, gevolg deur sy seun Zachary Martin en Jannie Coetzee (S2 J&P Hydraulics 2x4-VW Golf) wat met 1:54:59 algeheel derde was.

Agt van die oorspronklike tien inskrywings het die tydren voltooi. Berto Mostert en Chané Havenga (S2) asook Pierre Röhm en Pieter Steyn (S1) moes ongelukkig tou opgooi.

BAKKIE-KLAS (CR1/CR2)

Rian Kritzinger en Ian Stander beklink die eerste posisie in 1:53:41 met Ekko Eisenberg en Rassie Rietz tweede in 2:18:12, terwyl Marius van Zyl en Jacky van Zyl die derde plek met 3:09:32 vat.

Kritzinger se 2x4-Nissan NP300 V8-Lexus 4.0 Liter het foutloos geloop. Eisenberg se nuut geboude 2x4-JAC V8 4.0 is sorgvuldig deur dié nuweling hanteer, terwyl die Van Zyls se 2x4-Ford Ranger V6 3.0 sy staal getoon het.

Loic Bathfield en Johan Steyn asook Werner Bartsch en Christel Fourie kon die tydren volgens supertydrenreëls voltooi. Bathfield se African Gas Solutions CR1-klas 2x4-Century Racing CR6 V8 7.0, se wielnaaf het Vrydag met die eerste skof gebreek en hy kon Vrydagaand weer inskryf.

Gert Liebenberg/Johan Thiart (CR1-klas 2x4-Tata V8 4.7) en Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (CR1-klas 2x4-Toyota Hilux V8 4.0) is Vrydag reeds deur die Tara-kat se byt uit die tydren geboender. Die Bisschoffs moes ongelukkig weens uitputting halt roep.

Die voorste uitslae

Algeheel: Dippenaar/Swan, 2 Martin/Olivier, 3 Martin/Coetzee, 4 Pieter Greeff/JP Robinson, 5 Rolf Pretorius/Katja Pretorius, 6 Wido Bartsch/Raymond Fourie, 7 Michael Kotze/Wayne Rust.

S4-klas: 1 Dippenaar/Swan, 2 Martin/Olivier.

S3-klas: 1 Pretorius/Pretorius, 2 Kotze/Rust.

S2-klas: 1 Martin/Coetzee, 2 Bartsch/Fourie.

S1-klas: 1 Greeff/Robinson.

CR-klasse algeheel: 1 Kritzinger/Stander, 2 Eisenberg/Rietz, 3 Van Zyl/Van Zyl (ook 1, 2 en 3 in CR1-klas).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!