Jannie Meuwesen die afgelope naweek tydens die Namibiese veldboogkampioenskap. Foto Jannie Meuwesen (Facebook)
Jannie Meuwesen die afgelope naweek tydens die Namibiese veldboogkampioenskap. Foto Jannie Meuwesen (Facebook)

Wind keer rekordbrekers nie

Boogskiet
Tielman Van Lill
Sewe Namibiërs – Jacqueline Coetzee, Ilana Malan, Liezl Schoeman, Beanta Viviers, Jannie Meuwesen, René Rossler en Hofmeyr van Blerk – sal die land van 29 Junie tot 2 Julie by die Ope Afrika-streeksveldboogkampioenskap (Arfac) naby Heja Lodge oos van die hoofstad verteenwoordig.

Die nasionale spanlede is ná die afgelope naweek se Namibiese veldboogkampioenskap aangekondig.

Vier Namibiese rekords is in winderige toestande deur Coetzee, Evan Meyer en Harvey Park verbeter.

Coetzee het goud in die onbeperkte vrystyl-afdeling (adult female freestyle unlimited, AFFU) opgeraap. Sy het ook die Namibiese rekord in die veldrondte met 519 punte verbeter en haar persoonlike beste telling met 552 in die diereronde behaal.

In die vrystyl-afdeling vir junior mans (young adult male freestyle unlimited, YAMFU) teken Meyer 478 in die diereronde vir ’n nuwe rekord aan.

In die VMBU-afdeling vir veteraanmans (veteran male bow unlimited) het Park met 459 en 516 onderskeidelik rekords in die veld- en diereronde aangeteken.

Meuwesen, Namibië se wêreldkampioen in veldboogskiet, sê: “Die Namibiese kampioenskap is hierdie keer in baie winderige toestande beslis. Ek het die meeste van die tyd by my wedstrydplan gehou, wat vir my die goue medalje verseker het.

“Dit was nou nie juis my beste tellings nie. Ek het vir die veldrondte 546, jagtersrondte 548 en vir die diere-rondte 560 geskiet. Maar ek is baie tevrede met my vertoning as die uitdagende toestande in ag geneem word. Dit was goeie voorbereiding vir die komende Arfac-kompetisie einde Junie.”

Die voorste uitslae:

AFFU-klas: 1 Jacqueline Coetzee (1 582 punte), 2 Beanta Viviers (1 444).

Volwasse mans jagboog onbeperk (AMBU): 1 René Rossler (1 609), 2 Henk van Blerk (1 553), 3 Stephan Meyer (1 245).

Volwasse mans vrystyl onbeperk (AMFU): 1 Jannie Meuwesen (1 654), 2 Jaco Becker (1 561), 3 Hofmeyr van Blerk (513).

VMBU-klas: 1 Harvey Park (1 083).

YAMFU-klas: 1 Evan Meyer (1 236).

Die Arfac-kompetisie was verlede jaar by Thabazimbi in Suid-Afrika aangebied. Coetzee, Schoeman, Viviers, Meuwesen, Rossler en Van Blerk het Namibië toe verteenwoordig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!