Xavier gerat vir beste juniors
Gholf
Tsumeb se jong gholfvooruitsig Xavier Schreuder van Tsumeb vertrek vanoggend vroeg vanaf Windhoek na Enniskillen in Noord-Ierland, waar hy vanaf 25 Julie aan die Champion of Champions-wêreldkampioenskap vir junior amateurspelers sal deelneem.
Die gesogte wêreldtoernooi word jaarliks by die vyfster Lough Ernie-gholfoord aangebied.
Schreuder word as ’n BBP-speler deur die organiseerders bestempel. Hy het laasjaar in Suid-Afrika tydens die SA Kids Golf Tour by die San Lameer-gholfbaan in KwaZulu-Natal tweede geëindig en sodoende gekwalifiseer. Hy sal in die o.19-afdeling sy talent teen 250 spelers van 40 lande uitstal.
Schreuder is ’n produk van Tsumeb Gimnasium, waar hy ook krieket en rugby speel. Gholf is egter dié talentvolle sportman se eerste en grootste liefde.
Sodra hy sy skoolloopbaan vanjaar voltooi het, is Schreuder van plan om vir hom ’n gholfloopbaan uit te kerf en ’n professionele speler te word.
“Ek wil ’n professionele speler word; dis my grootste droom. Ek sal volgende jaar The Golf School of Excellence van Paul Mackenzie se PGA-geakkrediteerde gholfakademie in die Kaap bywoon, waar ek die gewilde PGA-diploma sal doen.
“Baie dankie aan my ouers vir hul ondersteuning en opoffering om my gholf altyd ’n prioriteit te maak. Baie dankie aan al die fantastiese mense wat my deurentyd bystaan. Ek sal dit altyd in my hart dra.
“Ek sien baie uit na die toernooi en sal my bes gaan doen. Dit gaan ’n taai kompetisie wees met al die topspelers wat daar meeding. Die bane lyk ongelooflik mooi en uitdagend, maar die verwagting is dat elke dag reënerig en koud gaan wees. Ek hoop om goeie vriendsbande daar te smee.”
Schreuder het sy dank uitgespreek teenoor sy borge Tulela Namibië, die Michelle McLean-trust asook die Dundee Precious Metals-trust wat sy deelname moontlik maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie