Aanlyn geweld teenoor vrouejoernaliste neem toe
'Berekende waninligtingsveldtogte'
Die aanvalle wissel van grootskaalse of uiterste dreigemente tot die vorm van manipulerende sielkundige en emosionele mishandeling wat die slagoffer dryf om haar realiteit, geheue, instinkte en gesonde verstand te bevraagteken.
Henriette Lamprecht – Doodsdreigemente en dreigemente van fisieke en seksuele geweld - nie net teen hulle self nie, maar ook teen dié wat deel is van hul nabye kring en selfs hul kinders.
Rassisme, godsdienstige vooroordeel, homofobie en transfobie tesame met vrouehaat. Dít is die verskeie vorms van diskriminasie wat vrouejoernaliste tans aanlyn moet verduur. Dit is veral swart, inheemse, Joodse, Arabiese en lesbiese vrouejoernaliste wat die ergste onder aanlyn geweld deurloop, luidens die verslag genaamd "The Chilling: Global trends in online violence against women journalists" wat deur die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) uitgereik is.
Die aanvalle wissel van grootskaalse of uiterste dreigemente tot die vorm van manipulerende sielkundige en emosionele mishandeling wat die slagoffer dryf om haar realiteit, geheue, instinkte en gesonde verstand te bevraagteken, algemeen bekend as "gaslighting".
Fisieke dreigemente wat met aanlyn geweld verband hou, het gemaak dat 13% van die vroue wat deel van die opname gevorm het hul fisiese sekuriteit moes opskerp, terwyl 4% sê hulle was te bang om werk toe te gaan uit vrees dat hulle by hul werksplek aangeval kan word. Talle moes noodgedwonge ook verhuis en ’n ander, veiliger heenkome soek. Van die respondente ly ook aan posttraumatiese stres (PTSD) en ontvang sielkundige hulp. Die impak van die aanlyn geweld op die vroue se geestesgesondheid het baie gedwing om vir mediese of sielkundige hulp aan te klop. In ’n poging om die aanvalle te probeer hokslaan, het 30% van die vrouejoernaliste gesê hulle pas selfsensuur in die sosiale media toe, terwyl 20% beskryf het hoe hulle hulself aan alle aanlyn interaksie onttrek het. Die impak van dié aanlyn geweld het ook ’n grootskaalse invloed op werksomstandighede en produktiwiteit, met van die vroue wat van die werk afwesig was om te herstel van die impak op hul geestesgesondheid, 38% wat bevestig het hulle het probeer om hulself “minder sigbaar” te maak, 4% wat bedank het en 2% wat die joernalistiek heeltemal vaarwel geroep het. Gekoppel hieraan was die professionele diskreditering van slagoffers.
Die vonk in die kruitvat was gewoonlik artikels oor geslag (49%), gevolg deur politiek en verkiesings (44%), sowel as menseregte en maatskaplike beleide (31%).
Byna die helfte van die respondente in dié opname het gesê hulle is in aanlyn aanvalle geteiken wat oënskynlik verband kan hou word met berekende waninligtingsveldtogte. Laasgenoemde kan ook gekoppel word aan verslaggewing oor verregse ekstremisme en samesweringsteorieë.
Van die grootste opstokers van aanlyn geweld is hoëvlak politieke leiers en regeringsamptenare.
Volgens die vroue was 57% van die aanlyn aanvallers egter anoniem of onbekend. Partydige nuusagentskappe, media wat op die buitelyne van die politieke spektrum bedryf word, sowel as joernaliste met ’n sterk vooroordeel teenoor vroue, is ook instrumenteel om die aanvalle te verhoog en verder aan te vuur.
Covid-19 kry ook die blaam vir aanlyn aanvalle teen vrouejoernaliste wat met rasse skrede toegeneem het. Met verwysing na die verskillende platforms as draers van geweld, word sosiale mediamaatskappye uitgesonder as die grootste sondebokke vir die aanhitsing van geweld.
Facebook is die gewildste platform hiervoor (77%), met Twitter (74%) kort op sy hakke. Dit word ook uitgesonder as die gevaarlikste van die topvyf platforms of toepassings (apps) wat gebruik word, met die meeste respondente wat Facebook as “baie onveilig” beskryf.
Die verslag maan ondanks onlangse reaksies en verklaarde beloftes om joernaliste se veiligheid op hul platforms te verseker, slaag sosiale mediamaatskappye egter nié daarin om aanlyn geweld teen vroue joernaliste hok te slaan nie. Bykomend tot mislukkings op die gebied van tegniese ontwerp en sakemodelle wat geweld op aanlyn platforms moontlik maak, beskik die maatskappye ook nie oor geslagsensitiewe, mensgedrewe oplossings vir dié aanlyn geweld nie.
Die verslag maan, ten spyte van die kapasiteit om meer te doen, is daar ook ’n gebrek aan vinnige optrede en die kapasiteit om in alle toelaatbare tale op hul platforms, geweld in die kiem te smoor.
“Aanlyn geweld verander gereeld van platform in aanvalle deur netwerke,” lui die verslag.
Ten spyte van vooruitgang deur baie werkgewers die afgelope vyf jaar, sê net 25% hulle het die aanlyn geweld aangemeld. Wanneer dit wel aangemeld is, was daar geen reaksie nie (10%) of hulle is aangeraai om ’n “dikker vel te ontwikkel” (9%), terwyl 2% gevra is wat hulle gedoen het om die aanval uit te lok.
Bewyse van werkgewers wat die slagoffer die skuld gee, word ondersteun deur ’n patroon om vrouejoernaliste se joernalistieke bydraes te “temper” deur meer beperkende en dissiplinêre beleidsrigtings vir die media.
“In sommige gevalle word vrouejoernaliste aktief ontmoedig om oor hul ervaring met aanlyn geweld te praat of om in ’n gesprek te tree met dié wat hulle aanval.”
Verder word hulle ontmoedig om “omstrede onderwerpe” in die sosiale media te bespreek.
’n Algehele gebrek aan vertroue in wetstoepassingsagentskappe en vervolging word weerspieël in die feit dat net 11% van gevalle van aanlyn geweld by die polisie aangemeld het, terwyl weinig ’n klag by die polisie gaan lê het. Net 8% het regstappe gedoen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie