‘Aanrandings’ op video vasgevang, wat nou?
Persoon agter selfoon is ‘veilig’
'n Strafregprokureur van Swakopmund sê 'n lid van die publiek, wat 'n misdaad soos 'n aanranding met 'n selfoon opneem, begaan geen strafregtelike oortreding nie.
Ná die onlangse verspreiding van gewelddadige video’s in die sosiale media laat dit die vraag ontstaan of die persoon agter die selfoon potensieel in die moeilikheid kan beland.
Beeldmateriaal wat onlangs die rondte gedoen het, is van ’n voorval in Klerksdorp, Suid-Afrika, waar ’n aanranding afgeneem is en die onlangse voorval in die hoofstad waar ’n man in die straat geslaan is.
’n Strafregprokureur van Swakopmund, Alfred Ellis, sê ’n lid van die publiek, wat ’n misdaad soos ’n aanranding met ’n selfoon opneem, begaan geen strafregtelike oortreding nie.
“Selfs al sou die persoon wat die voorval opneem, versuim om hulp te ontbied terwyl geen hulp nog ontbied is nie, is dit ook nie ’n strafregtelike oortreding nie.”
Ellis verduidelik verder dat so ’n persoon nie eens verplig is om die misdryf aan te meld nie.
“Die publiek het wel ’n morele plig en daar is ook uitsonderings byvoorbeeld wanneer die misdryf kinders betrek.”
Ellis sê dit kan in die belang van reg en geregtigheid wees om ’n video van ’n misdryf op te neem omdat dit die polisie kan help met hulle ondersoek. Die polisie kan ook iemand wat ’n video geneem het, ondervra en ’n verklaring versoek. Die persoon is natuurlik dan geregtig om regsverteenwoordiging aan te vra.
VOORVAL IN WINDHOEK
Vroeg verlede week het ’n video van ’n beweerde aanranding op sosiale media die rondte gedoen.
In die video kan gesien word hoe ’n man ’n ander persoon, wat op die grond lê, verskeie kere in die gesig met die vuis bydam en daarna die persoon in die gesig skop.
By navrae het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê dit blyk dat die voorval nie aangemeld is nie.
“Dit is gevaarlik om bloot op grond van ’n video afleidings te maak oor iemand se skuld of onskuld. Wat voor die voorval plaasgevind het, sal deur getuies en die verdagte aan die hof voorgelê word,” het Ellis gesê.
Hy meen die ondersoekbeampte sal waarskynlik die omstanders wat in die video sigbaar is, nader om verklarings af te lê en sodoende sal uitpluis wat gebeur het, indien daar ’n klag teen die vermeende oortreder gelê word. Die persoon wat die video opgeneem het, sal ook kan getuig.
SELFVERDEDIGING
Ellis sê ’n tipiese verweer wat in ’n hof geopper word in sulke gevalle is een van noodweer, ofte wel selfverdediging.
“Om te slaag met ’n verweer van selfverdediging sal daar getuies voor die hof moet getuig dat die verdagte se lewe of liggaam ten tyde van die aanranding bedreig is.”
Rakende die onlangse voorval in Windhoek, meen Ellis dat dit in die video nie lyk asof dit die geval was nie.
“Dit blyk dat die slagoffer, minstens vir die duur van die videogreep, weerloos op die grond gelê het, toe hy toegetakel is. Die skop in die gesig kan ook daarop dui dat dit die bedoeling was om die slagoffer ernstig te beseer.”
Ellis meen die video sal ’n belangrike deel van die verhoor en veral die staat se saak uitmaak.
LÊ ’N KLAG
Ellis sê slagoffers moet soos in die geval van die man in die video, ’n klag by die polisie aanhangig maak en ’n verklaring aflê van beweerder aanranding of selfs ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Indien die slagoffer egter doodgaan, soos in die voorval in Klerkdorp, waar twee mans geslaan is en die een gesterf het, sal die aanrandingsklag verander na een van moord.
Sodra die klag gelê is, sal die polisie ’n dossier oopmaak en die saak ondersoek. Daarna kan die vermeende oortreder moontlik in hegtenis geneem word en voor ’n landdros verskyn wat ’n beslissing sal maak oor borgtog.
Die aanklaer-generaal sal dan na die saak kyk en besluit of die persoon vervolg moet word en op watter klagte hulle tereg sal staan. Dán eers sal voorverhoorverrigtinge begin tot die saak gereed is vir verhoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie