Arm San-mense het stemkaarte, geen ID’s
‘Ons word nie as Namibiërs erken’
Selfs wanneer hulle los werkies doen en geld kry, is hul eerste prioriteit kos, aangesien dit nie gewaarborg is dat hulle ID's sal kry na 'n besoek aan Rundu nie.
Kenya Kambowe – Die nedersetting Mushasho in die Kavango-Oosstreek huisves honderde mense uit die gemarginaliseerde San-gemeenskap wat stemkaarte besit, maar geen nasionale identiteitsdokumente (ID’s) het nie.
As sodanig is hulle staatloos en hul senior burgers ontvang nie die maandelikse staatstoelae nie. Hulle word gedwing om hul kinders groot te maak op beperkte kospakkies wat deur die staat verskaf word.
Die gebied is sowat 270 kilometer oos van Rundu in die Bwabwata Nasionale Park geleë.
Die meerderheid van die pensioenarisse kla dat hulle nie nasionale identiteitskaarte het nie, iets wat hulle verhoed om by maandelikse staatstoelae te baat – ’n voordeel wat ander senior burgers oraloor die land geniet.
Die groep staatlose pensioenarisse hou vol dat hulle Namibiërs is en sê dit is jammer dat hulle in Namibië gebore is en lewenslank hier gewoon het, maar tog word hulle nie as burgers van die land beskou nie.
En tog beweer hulle dat hulle stemkaarte besit.
“Die enigste land wat ons ken is Namibië, daarom is dit jammer dat ons net kwalifiseer om kiesers te wees en kospakkies te ontvang wat nie ’n maand hou nie. Dit is die enigste land wat ons ken en ons sal hier sterf,” het die 96-jarige Numba Shambango gesê.
VERBAN
Theo Mujoro, die uittredende hoofverkiesings- en referendumbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), het bevestig dat dit moontlik is om ’n kieserskaart te hê, maar nie nasionale identiteitsdokumente nie.
“Dit is moontlik, veral met betrekking tot persone wat tydens die algemene kiesersregistrasie in 2014 as kiesers geregistreer het wanneer registrasie deur middel van beëdigde verklarings toelaatbaar en wettig was ingevolge die Kieswet,” het hy gesê.
“Die huidige Kieswet, wat die gebruik van beëdigde verklarings verbied, het gedurende Oktober 2014 in werking getree.”
TE DUUR
Op die vraag of hulle by die kantoor van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit in Rundu om hulp aangeklop het, het die San-gemeenskap gesê dit is duur om na Rundu en terug te reis.
’n Retoerrit van Mushasho na Rundu sal hulle sowat N$700 kos, geld wat hulle nie het nie.
Hulle het aangevoer selfs wanneer hulle los werkies doen en geld kry, is hul eerste prioriteit kos, aangesien dit nie gewaarborg is dat hulle ID’s sal kry na ’n besoek aan Rundu nie.
“Om ’n ID te kry, is vir ons duur, en daarom het ons moed opgegee om een te kry. Hoekom sal ek N$700 of meer op vervoer bestee net om te hoor ek moet volgende week terugkom en nog N$700 gebruik?
“Dit is beter om die geld te gebruik vir iets vir die huis en om ons kinders te voed,” het die groep gesê.
‘ONS HET OPGEGEE’
“Ons het die hoop laat vaar om as Namibiërs erken te word, maar ons sal dit waardeer as hulle [regering] na ons kan kom en ons kan help.
“Die kospakkies wat ons van die regering ontvang, hou nie eens ’n maand nie. Ons het in Januarie laas kos ontvang en ons het planne gemaak oor hoe om te oorleef.”
Met die swak reënval wat vanjaar aangeteken is, het die groep gesê hulle lande het hierdie keer geen oeste opgelewer nie.
Nog ’n pensioenaris, die 93-jarige Pwaya Kamungendjo, het gesê hul kinders begin ouer as hulle lyk weens armoede.
“Kyk na ons kinders en die kleinkinders. Hulle lyk oud, nie omdat hulle is nie, maar dit is wat armoede aan jou doen.”
Die gemarginaliseerde gemeenskap het ’n pleidooi aan barmhartige Samaritane gerig om hulle by te staan met basiese benodigdhede soos beddegoed, aangesien hulle tans op die kaal grond slaap.
Hulle het ook gevra vir skenkings van kos en klere.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie