Me. Sara Ekondo van Awana Foods het N$100 000 in die Capricorn Food Waste Challenge gewen. Saam met haar is die voorsitter van die Capricorn-raad, mnr. Gerhard Fourie, die uitvoerende hoof van die Capricorn Stigting, me. Marlize Horn en die Capricorn Groep se bestuurder vir innovering, mnr. Rikus Grobelaar. FOTO YOLANDA NEL
Me. Sara Ekondo van Awana Foods het N$100 000 in die Capricorn Food Waste Challenge gewen. Saam met haar is die voorsitter van die Capricorn-raad, mnr. Gerhard Fourie, die uitvoerende hoof van die Capricorn Stigting, me. Marlize Horn en die Capricorn Groep se bestuurder vir innovering, mnr. Rikus Grobelaar. FOTO YOLANDA NEL

Awana Foods maak 'n verskil

Wenner van Capricorn Food Waste Challenge
Die wennner gaan bederfbare plaaslike en inheemse voedsel bewaar en die raklewe verleng.
Yolanda Nel
Yolanda Nel – Uit 101 inskrywings wat ontvang is, het me. Sara Ekondo van Awana Foods met haar besigheidsplan beoordelaars oortuig om haar as die wenner van die Capricorn Food Waste Challenge aan te wys.

’n Emosionele Ekondo sê haar visie is ’n Afrika waar voedselsekuriteit verseker is.

“As entrepreneur strek die erkenning in die vorm van pryse soos hierdie baie verder as om net te wen. Dit is ’n bevestiging van ’n visie wat ek elke dag met my saamdra,” het sy gesê.

Haar onderneming gaan bederfbare plaaslike en inheemse voedsel bewaar, hul raklewe verleng en voedselsekerheid en voeding in die land verbeter.

Volgens Ekondo gaan sowat 30% van tuinbouprodukte tot niet voordat dit die mark bereik. Dit gebeur terwyl 'n groot deel van die bevolking honger en wanvoeding in die gesig staar.

Sy het haar mede-innoveerders aangemoedig om voort te gaan om hul drome na te streef.

"Volgens die Generation Africa-verslag staan Afrika se voedselinvoerrekening op US$35 miljard en die verwagting is dit sal US$110 miljard teen 2025 bereik. Dit is 'n mark wat wag om ontgin te word en dit behoort deur ons ontgin te word!”

Buiten ’n kontantprys van N$100 000, het Ekondo ook ’n jaar se lidmaatskap van die Recycle Namibia Forum ter waarde van sowat N$12 000 ontvang.

Volgens die Capricorn Groep se bestuurder vir innovering, mnr. Rikus Grobler, is die inisiatief van stapel gestuur om nuwe moontlikhede te soek om die basiese behoefte van voedselsekuriteit vir Namibië se mees kwesbare inwoners te takel.

Hoewel die uitdaging werknemers van die groep uitgesluit het om die groot kontantprys op te raap, het dit hulle egter nie daarvan weerhou om hul idees in te stuur nie.

Mnr. Pieter Badenhorst se idee het in die tiende plek geëindig en hy is met N$10 000 hiervoor beloon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!