laaste-week-vir-kankerappels2019-07-290
laaste-week-vir-kankerappels2019-07-290

Bank loods jongste kankerappelprojek

Iréne-Mari van der Walt
Te midde van toenemende kankerdiagnoses, meen die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN), Rolf Hansen, dat die aantal ondersoeke wat deur die Nasionale Kankeruitreikprogram uitgevoer is, prysenswaardig is.

Bank Windhoek het Woensdag sy kankerappelprojek van stapel gestuur om geld vir onder meer dié program in te samel.

Sedert sy eerste skenking in 2000 het die Bank Windhoek-kankerappelprojek meer as N$33,9 miljoen ten bate van CAN ingesamel.

Vanjaar is drie splinternuwe iPhone 15-fone op die spel vir diegene wat by www.eApple.bankwindhoek.com.na skenkings maak deur virtuele appels te koop.

Appels en appelsap sal ook verkoop word om geld vir CAN se nasionale uitreik in te samel en om hul finansiële hulpfonds vir pasiënte te ondersteun.

Met ’n toename in die tipe kankers wat met leefstyl geassosieer word, bly borskanker die kanker wat die meeste lewens in Namibië eis, terwyl prostaatkanker die meeste gediagnoseer word.

Deur die kankervereniging se uitreikprogram, wat poog om pasiënte in afgeleë gebiede vir algemene kankers te sif, is 991 mans vir prostaatkanker ondersoek met 21 verwysings wat prostaatkanker bevestig het.

Van die 3 634 vroue wat vir servikale kanker getoets is, het 53 verwysings tot die diagnose van servikale kanker gelei.

Volgens Hansen is daar ook positiewe stappe gedoen om borskanker vroegtydig op te spoor.

“Dit is goed om CAN se samewerking met die Dr AB May-kankersorgsentrum te sien om ’n borskliniek vir vroeë borskankerdiagnose te vestig,” het hy gesê.

Diegene wat appels of appelsap wil bestel, kan bestellings by enige Bank Windhoek-tak of op Bank Windhoek se webwerf plaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!