Bejaarde se hond glo gegryp, verkoop
Brownie steeds skoonveld
'n Ingeligde bron sê om honde te steel en te slag kom meer algemeen in Namibië voor as wat aanvanklik gedink is.
“Ek het vir Brownie in 2018 as ’n geskenk vir my verjaardag gekry. Hy was ’n stil en liefdevolle hond wat nooit skade aan enigiemand aangerig het nie.”
So vertel ’n 73-jarige inwoner van die Katutura-ouetehuis, Bernard (Oupa) Strodicke, oor sy reunhond, Brownie, wat glo einde verlede maand deur twee mans gevang en verkoop is.
Oupa vertel twee Damarasprekende mans – wat bekend aan hom is – het op Sondag 25 Februarie omstreeks 22:00 vir Brownie buite die huis in die omgewing van die Goreangabdam gegryp en met kettings vasgemaak. Ooggetuies het glo gesien wat gebeur het en Oupa het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak. Die vermoede bestaan dat die mans vir Brownie verkoop het.
‘EK SOEK MY HOND’
“Daar mag nie honde in die ouetehuis wees nie, maar ek het naweke vir Brownie gaan kuier by die mense wat deur die week na hom kyk.
“Wanneer ek daar gekom het, het ek een keer sy naam geroep en hy het na my toe gehardloop. Hy was altyd so bly om my te sien,” vertel Oupa.
Volgens Oupa het die familie van die vermeende oortreders ná die voorval na hom toe gekom en jammer gesê. Hulle het glo aangebied om hom te vergoed.
“Ek soek nie vergoeding nie. Ek soek my hond. Niks kan hom vervang nie,” het hy glo vir hulle gesê.
JUSTICE FOR ANIMALS
Advokaat Ronél Lewies van die Justice for Animals Trust, sê nadat die trust in 2023 sy Justice for Dalton-veldtog van stapel gestuur het – onder die slagspreuk “Friend. Not Food” – het ’n verstommende aantal mense na vore getree ter ondersteuning van die slagting van honde vir menslike gebruik.
“Ons is hartseer om van Brownie te hoor. Ongelukkig kom dit meer algemeen in Namibië voor – om honde te steel en te slag – as wat ons aanvanklik gedink het.”
Lewies wys daarop dat diere in terme van die Namibiese wet beskou word as eiendom en meen dit lei tot ernstige beperkings in hulle vermoë om diere se belange te beskerm.
“Diere is nie ‘dinge’ nie en ’n regstelsel wat hulle bloot as eiendom beskou, is as sodanig gebrekkig.”
Die Justice for Animals Trust beoog om wetlike erkenning vir diere as “voelende wesens” te verkry. Hulle poog, volgens Lewies nie om diere se status as eiendom te verwyder nie, maar dit te verhoog deur verbeterde wetlike erkenning.
RAAD
Lewies sê om diere te steel word steeds as diefstal beskou en ’n saak kan by die polisie aangemeld word.
Indien ’n misdadiger jou dier slag, kan jy ’n saak aanhangig maak vir die oortreding van die wet op die beskerming van diere.
’n Persoon wat in besit van die vleis betrap word, kan volgens haar ook aangekla word van die besit van gesteelde goedere.
“Dis beter om te verhoed dat jou troeteldiere gesteel word – plaas ’n mikroskyfie in jou troeteldiere, steriliseer jou dier om die risiko te verminder dat hy/sy sal rondloop en verseker dat hulle in ’n veilige omgewing soos ’n omheinde erf gehou word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie