Die direkteur van Lifeline/Childline Namibia, Nicolette Bessinger, en uitvoerende hoof vir MICT, Audrin Mathe, onderteken hul memorandum van verstandhouding. Foto verskaf
Die direkteur van Lifeline/Childline Namibia, Nicolette Bessinger, en uitvoerende hoof vir MICT, Audrin Mathe, onderteken hul memorandum van verstandhouding. Foto verskaf

Bekamping van kinderpornografie

Hulpmiddel word nie benut
Die direkteur van Lifeline/Childline Namibia het gesê die meerderheid kinders kan aanlyn aan seksuele uitbuiting en misbruik blootgestel word.
Iréne-Mari van der Walt
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (MICT) het onlangs ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) met Lifeline/Childline Namibia onderteken ter ondersteuning van laasgenoemde se aanlyn platform waar kinderpornografie en sensitiewe beeldmateriaal waarin kinders verskyn, aangemeld kan word.

“Dié platform laat enigiemand toe om digitale materiaal aan te meld wat kinders misbruik met die oog op die bekamping van kubermisdaad.

“Wanneer dit nagegaan word en daar gevind word dat die inhoud onvanpas is, word die materiaal dan van aanlyn platforms verwyder.

“Ons het opgemerk dat die platform sedert sy bekendstelling nie gebruik word soos dit beplan is nie,” het die uitvoerende hoof vir MICT, Audrin Mathe, gesê.

Die direkteur van Lifeline/Childline Namibia, Nicolette Bessinger, het op haar beurt gesê die meerderheid kinders kan aanlyn aan seksuele uitbuiting en misbruik blootgestel word.

Navorsing deur Disrupting Harm het getoon dat 81% van Namibiese kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 internetgebruikers is. Van hierdie is 56% van hulle elke dag aanlyn – hoofsaaklik vir skoolwerk, sosiale media en kommunikasie.

“Terwyl baie kinders blykbaar bewus is van die aanlyn risiko’s, kommunikeer hulle steeds aanlyn met vreemdelinge of deel naakfoto’s of video’s van hulself,” het Bessinger gesê.

Sy het ook verduidelik dat meeste kinders misbruik word deur mense wat hulle ken, en nie vreemdelinge nie.

Sy het ook bygevoeg dat die polisie soms nie aangemelde gevalle van die seksuele misbruik van kinders ondersoek nie wees beperkte kapasiteit vir ondersoeke of die feit dat sommige vorme van aanlyn misbruik nie as wetlike oortredings erken word nie.

Sensitiewe materiaal waarin kinders verskyn kan by report.iwf.org.uk/en/report aangemeld word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A