Bevorder kennis plaaslik, sê UNDP
‘Afrika moet fokus op waardetoevoeging’
Die UNDP se direkteur in Afrika waarsku dat armoede steeds hoogty sal vier indien kennis nie plaaslik ontwikkel word nie.
Afrika sal steeds gebuk gaan onder armoede indien dié vasteland nie die uitbuiting van sy hulpbronne kan hokslaan nie.
Só het die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se direkteur in Afrika, Ahunna Eziakonwa, Donderdag tydens ’n streekvergadering in Windhoek gesê.
“Die kritieke minerale in Afrika is nodig om ’n netto-nul wêreld te skep. Ons sien talle oorsese maatskappye hierheen kom, die minerale ontgin en die minerale teen lae waarde vat.
“Dit het tot gevolg dat ongelykhede kan vererger en die probleem is dat ons nie daardie hulpbronne hier kan prosesseer nie. Totdat ons plaaslik ons minerale kan prosesseer eerder as om maatskappye toe te laat om hierdie minerale te vat, sal ons aanhou om armoede (pockets of poverty) te beleef,” het sy gesê.
Sy moedig die vasteland aan om op waardetoevoeging te fokus.
“As Afrika moet ons kyk of ons waarde tot ons minerale kan voeg en dít is tans ons uitdaging,” sê sy.
“Om seker te maak dat Afrika die leiding neem in ‘groen’ inisiatiewe, is daar drie aspekte waarna ons moet kyk – die eerste is leierskap – dit moet fokus op mens-gesentreerde ontwikkeling.
“Tweedens moet ons kyk na finansiering en tans kan ons sê dat plaaslike hulpbronne die meerderheid daarvan uitmaak.
“Derdens moet ons daarin belê om seker te maak dat Afrika se kundiges kom. Namibië is een van die leiers in terme van groen waterstof, maar ons moet sorg dat ons kapasiteit plaaslik groei,” sê sy.
SDG's
Ten spyte van verskeie mediaberigte dat Namibië sukkel om die UNDP se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) te bereik, sê die UNDP se verteenwoordiger in Namibië, Alka Bhatia, dat die land steeds goed vaar om dié doelwitte teen 2030 te behaal.
Sy sê Namibië het die doelwitte vir MIV/vigs en toegang tot onderwys reeds oorskry.
Volgens Bhatia is Namibië nie die enigste land wat weens die Covid-19-pandemie agteruitgegaan het nie.
“Ons sien dit in ontwikkelende lande en selfs ontwikkelde lande dat hulle as gevolg van die pandemie nie net tot ’n stilstand gekom het nie, maar selfs agteruitgegaan het. Dit is teen dié agtergrond wat ons tans werk om maniere te vind om die pas waarteen Namibië beweeg deur innovering te versnel,” sê sy.
Bhati het haar lof teenoor Namibië uitgespreek en gesê die UNDP het nie net ’n goeie verhouding met die Namibiese regering nie, maar ook met die private sektor wat gretig is om hul deel by te dra tot die land se ontwikkeling.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie