Boere beset hervestigingsplase
Polisie tree in
Voormalige kommunale boer sê hul pleidooie aan die owerhede val op dowe ore.
Godfrey Mallet bly sedert 29 Maart op die hervestigingsplaas Kouewater no. 209 met 850 kleinvee en 45 beeste.
Die adjunkdirekteur vir grondhervorming in die Hardapstreek, Augustine Arises, het verlede Donderdag saam met Namibiese polisiebeamptes op die plaas aangekom.
Dit is ’n dag ná Mallet ’n brief gedateer 3 April van die Hardap-streekgoewerneur, Salomon April se kantoor, ontvang het waarin hy opdrag gekry het om sy diere onmiddellik van die plaas te verwyder.
PLEIDOOIE VAL OP DOWE ORE
Mallet doen al sedert 1996 aansoek om hervestiging.
Hy het in November weer die Hardap-grondhervormingskantoor gekontak oor die komende uitsetting van waar hy weiding gehuur het, sonder enige sukses.
Hy het voorheen jare lank suksesvol op kommunale grond buite Gibeon geboer, voor die droogte hom gedwing het om die grond te verlaat.
In 2020 het die Witbooi Tradisionele Owerheid aanbeveel dat Mallet dringend hervestig word, aangesien sy diere te veel geraak het om hom toe te laat om terug te keer na kommunale grond.
UITSETTING DREIG WEER
Mallet het op 5 Maart ’n uitsettingsbrief van Pieter Mostert van die plaas Fre-Ya no. 626 se prokureurs ontvang, wat daarop aandring dat hy sy diere voor 31 Maart van die grond moet verwyder.
Hy het op 13 Maart weer desperaat aan die goewerneur se kantoor geskryf om te vra dat ’n dringende vergadering met die hervestigingskomitee belê word.
Mallet sê hy het nooit enige terugvoering oor enige van sy amptelike kommunikasie ontvang nie.
In ’n video wat hy met Republikein gedeel het, kan gesien word hoe Arises verduidelik dat die ministerie nie die nodige fondse het om tans ’n vergadering met die hervestigingskomitee te belê nie, en dat dit ’n vermorsing van geld sal wees om ’n vergadering vir net een kwessie te belê.
Sy dring daarop aan dat die regering ’n hervestigingsprogram in plek het, en daardie prosedure moet gevolg word, asook dat die plase wat die regering vir hervestiging koop nie sonder toestemming beset kan word nie.
‘NêRENS OM TE GAAN’
“Jy kom hier om my te verwyder, maar ek het nêrens om heen te gaan nie. Ek het 850 diere, vee en 45 beeste. Die oomblik as ek weer terug in die padreserwe is, sal jy die polisie bel, want my diere versper die pad. Waarheen moet ek gaan?” vra Mallet aan Arises.
Hy weier om Kouewater te verlaat tot die regering nie vir hom ’n alternatiewe heenkome kan bied nie.
Goewerneur April sê egter desperaatheid is nie ’n rede vir wetteloosheid nie en dat burgers die wet moet nakom.
ORAL PROBLEME
Saterdag het boere wie se diere nie binne Gobabis mag wei nie, die hervestigingsplaas Witsand buite dié dorp beset.
Gobabis se stedelike boere is ook ’n ou probleem wat vererger namate kommersiële boere plaaswerkers en hul diere van hul plase wegjaag.
Witsand is die afgelope vier jaar onbewoon, terwyl talle boere in die Omahekestreek ook tevergeefs om hervestiging aansoek gedoen het. Lede van benadeelde San-gemeenskappe se diere loop ook onder meer in die padreserwes van die streek, en dié gemeenskappe het ook geen ander heenkome nie.
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, sê die besetting is onwettig en dat die regering regstappe teen die boere sal neem.
“Die plaas is staatseiendom en kan slegs beset word deur wettige prosedures te volg. Enigiets anders word nie geduld nie.”
Agt van die betrokke boere is gister in hegtenis geneem.
NUWE BEGROTING
Die landboumisterie het vroeër dié week sy begroting vir die nuwe boekjaar in die parlement ter tafel gelê.
Meer as N$270 miljoen is vir grondhervorming en hervestiging geoormerk.
In die 2023-’24-boekjaar kon die ministerie sewe plase landswyd vir meer as N$91,4 miljoen bekom. Altesaam 23 begunstigdes is hervestig, insluitend vier plaaswerkers wat ná geslagte van kommersiële plase verwyder is. Nog N$50 miljoen word vanjaar vir soortgelyke plaaswerkers bewillig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie