Die Capricorn-groep se werknemers tydens die oorhandiging. Foto verskaf
Die Capricorn-groep se werknemers tydens die oorhandiging. Foto verskaf

Capricorn help om koue te verdryf

Iréne-Mari van der Walt
Die Capricorn-groep het onlangs kinderklere en komberse aan twee kleuterskole in Havana en Hakahanah in die hoofstad geskenk.

Die skenking sal verseker dat meer as 120 minderbevoorregte kinders en hul gesinne ondersteun word om hierdie winter warm te bly.

“. . . ons is trots op [ons werknemers] se passie vir positiewe verandering in ons gemeenskappe. Ons is bevoorreg om vir ’n groep te werk wat sy werknemers bemagtig en aanmoedig om terug te ploeg in die gemeenskap,” het Marlize Horn, die groep se uitvoerende beampte vir handelsmerk- en korporatiewe aangeleenthede, gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer