'Dis oukei om hartseer te wees en te verlang'
Verlies se impak op kinders
Kinders se verlies word baie keer onbewustelik 'oorgekyk' omdat die familie of ouers húl eie trauma probeer verwerk.
Die afgelope twee jaar was vir talle mense op verskeie vlakke verwoestend. Covid-19 het die wêreld op sy kop gekeer en vir soveel tot geweldige verlies weens die dood van ’n geliefde gelei. Vir kinders wat die verlies van ’n ouer, in sommige gevalle beide ouers, of ’n ouma of oupa moet hanteer, is die trauma geweldig.
“Kinders se verlies word baie keer onbewustelik ‘oorgekyk’ omdat die familie of ouers húl eie trauma probeer verwerk. Verlies het ’n reuse-impak op sulke jong kinders se lewens en op emosionele, maatskaplike, geestelike, maar ook fisieke vlak,” verduidelik Ronel de Beer wat saam met haar man, Sybrand, en hul Legacy of Love saamgespan het om traumakampe vir kinders aan te bied wat die afgelope twee jaar verlies ervaar het.
Die kampe is grootliks gemotiveer deur talle ouers wat die afgelope 18 maande aan veral Covid-19 dood is, sê Ronel. Vyftien kinders – die meeste tussen 9 en 12 jaar oud – het die eerste kamp bygewoon.
Almal wat by dié kamp was, het ’n pa verloor, vertel Ronel. Drie meisies het albei ouers verloor, terwyl drie ook ’n ouma verlede jaar aan die dood afgestaan het, die meeste weens Covid-19.
“Ons het nie in detail hul verliese bespreek nie, maar by van die seuns was dit om nie hul pappa by die rugby te sien nie, maar die ander pappas.”
Die kinders se oorwegende seer was die verlies van ’n ouer of ’n ouma, die feit dat hulle nie kon groet nie en hulle op so ’n jong ouderdom ’n ouer of albei ouers verloor het, vertel Ronel.
“Hulle wil weet hoekom? En dan dat hulle alleen en anders voel met hierdie trauma.”
Die grootste vrees is hul alleenheid, sê sy.
“Baie van hulle is nog baie jonk en hierdie vraag het ons nie regtig oor gepraat nie. Maar wat ek kon sien is die feit dat hulle alleen gevoel het tot en met die kamp. Hier het hulle besef hulle is nie alleen nie. Ander kinders gaan ook hierdeur. Hulle kon met mekaar hieroor praat en mekaar ondersteun. Ek glo hier is nuwe vriende gemaak wat mekaar in die toekoms gaan bystaan en ondersteun.”
Kinders hanteer dinge anders as volwassenes en groot moeite is gedoen om op hul vlak hul seer en verlies te verwoord en uit te beeld. ’n Voorbeeld hiervan is ’n unieke roujoernaal (grief journal) wat ontwerp en gedruk is en wat die kinders kon gebruik om onder meer belangrike foto’s, eienskappe en herinneringe in te plak en skryf.
Elkeen het ook ’n onthouboks gemaak en versier waarin spesiale items gebêre kan word en waarna hulle kan terugkeer wanneer hulle hartseer is of verlang. “Hierdie twee items het baie terapeutiese waarde en inhoud. Die speletjies was meer om mekaar te leer ken en bietjie te ontdooi en oop te maak. Hulle het ook ‘n botteltjie vol kleurkryt gemaak wat hulle laat onthou, emosiegesiggies op koekies versier, boodskappies op klippies in die veld geskryf en geluister na ds. Rias Oberholzer se handpop, Faantjie.”
Deel van die spesiale rituele was die geleentheid om ’n boodskap op ’n klip vir ’n geliefde te skryf en wat op ’n berg gepak is.
“Elkeen het tyd gehad om te dink wat hulle wou sê en ook net in stilte te dink en om met hul geliefde te praat nadat hulle die klip gepak het. Ons het ook die aand vir elkeen ‘n brief laat skryf aan die geliefde met alles wat hulle nog wou sê. Daarna het elkeen die brief in die vuur gegooi.
Aan die een kant het ons vir hulle gesê ons bid Jesus gaan die boodskap saam met die rook na hul pappa, mamma of ouma neem. Die doel hiervan was om ‘closure’ te kry. Van die ouers het gesê hul kinders wat nog glad nie kon huil nie, het vir die eerste keer hier gehuil, wat goed vir hulle was.”
Dit was nie net vir die kinders terapeuties nie, maar ook vir van die mamma’s wat die kamp saam met hul kinders bygewoon het en saam met hul kinders deur die hartseer en verlies kon werk.
“Om te sien hoe hul kind emosioneel raak en uiting gee aan hul emosies, waar baie van hulle probeer om nie te huil voor mamma nie, omdat mamma dan ook hartseer raak. Die mamma’s het ook saam aan die foto’s plak ens. deelgeneem”
Volgens Ronel het die kinders “mekaar gevind en ondersteun” en ook hulpmiddels gekry wat hulle kan gebruik wanneer hulle hartseer is en verlang.
Hulle het ook geleer dis oukei om te verlang, om hartseer te wees en om te huil.
“Maar meer belangrik, dat die belofte van die Bybel is waaraan ons moet vashou. Ek het hulle in ’n sessie die aardbol gewys en hulle het alles wat sleg in die wêreld is op die aardbol geplak om die gebroke wêreld uit te beeld.
Daarna het hulle toe ‘glitter’ en ‘sparkle’-papiertjies vol goeie dinge en ‘gratitude’-woorde neergeskryf en opgeplak.”
Want dit is waarop ons moet fokus, sê Ronel.
“Hoewel ons in ‘n gebroke wêreld bly en slegte goed gebeur, moet ons op die mooi konsentreer wat ons nog kan doen. Met die hoop leef dat ons weer met ons geliefdes herenig sal word as ons seker maak ons lewens is reg, en dan die mooiste mooi ervaar.”
Ds. Rias het die naweek afgesluit met ’n kerkdiens en die boodskap “My God is groter as my seer en my probleme” aan die hand van die voorbeeld van Dawid en Goliat en die leeu.
“Dawid het geweet en geglo sy God is groter as die uitdaging voor hom.”
Die doel van die kampe is om kinders uit hul normale omstandighede en omgewing te neem en in die natuur te plaas, wat Ronel glo “die beste resultate” verseker. Laerskool- en hoërskoolkinders word in verskillende kampe opgedeel “omdat dié ouderdomme emosies verskillend hanteer en dit makliker vir die fasiliteerders is om met een groep op ’n slag te werk”.
Die kampe is daar om ’n veilige en vertroostende omgewing te skep, verduidelik Ronel.
“Dis glad nie swaar en hartseer nie. Gewoonlik assosieer kinders enige terapie met daardie eerste hartseer oomblikke en ook by die graf. Gewoonlik skram kinders weg van daardie emosies en omgewing.”
Daarom wil hulle juis wys hulle is nie alleen met hul hartseer en verlies nie, hulle word ondersteun en daar is ander kinders wat ook deur dieselfde proses gaan.
“’n Mens wil hulle ook bemagtig met die regte gereedskap om die verlies te hanteer. Deur liefde wil ons heling bring en natuurlik ook die geestelike aspek beklemtoon wat jy op jou pad nodig het.”
Die kampe sluit basies drie tot vier sessies in waarvan een hanteer word deur ’n sielkundige wat in kindertrauma spesialiseer. Terapeutiese aktiwiteite sluit spelterapie, kuns en die maak van ’n onthouboek in.
“Dan ’n worship kitaarsessie om ’n kampvuur met marshmellows braai en waartydens die kinders kersies vir hul geliefdes kan aansteek.”
Sondagoggend word die kamp met ’n kort kerkdiens afgesluit.
Van die fasiliteerders sluit in Analja Wellbach (sielkundige raadgewer wat spesialiseer in kinders se trauma en hartseer), fasiliteerders van Trauma Healing Network, Francois Dames (kinderpastoor en jeugwerker), Rias Oberholzer (jeugpastoor), vrywilligers van Legacy of Love en dan natuurlik Ronel en Sybrand wat self persoonlike verlies met die dood van hul dogter ervaar het.
Die volgende kamp vir kinders in die ouderdomsgroep 13 tot 16 jaar wat in die laaste twee jaar ’n geliefde verloor het, vind van 21 tot 22 Maart plaas. ’n Maksimum van 15 kinders kan geakkommodeer word, maar volgens Ronel word dit ook bepaal waar die kamp gehou word.
“Die navraag is baie, ons dink ons sal kyk na nog plekke. Mens wil ook nie te veel kinders op ’n slag hê nie, want dan verloor jy daardie een-tot-een-konneksie.”
Vir navrae kan Ronel gekontak word by 081 366 6456, stuur ’n e-pos aan [email protected] of besoek die webtuiste www.legacyoflove.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie