‘Dis reg om soms nie oukei te voel’
Selfdood in die kollig
Té veel verwagtinge word aan mans gestel om veelvuldige rolle te vervul, sê die minister van gesondheid.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, wat die naweek mans by ’n beraad oor geestesgesondheid en psigososiale ondersteuning in Oshakati toegespreek het, het deelnemers aangemoedig om hulp te soek wanneer hulle voel die mure begin hulle vasdruk.
“Ons is almal soms nie oukei nie, en dit is oukei. Ons het almal soms ’n skouer nodig om op te huil, en dit is oukei. Die etiket wat ons op mans geplaas het dat mans nie huil nie, dít is nie oukei nie. Ons is mans, maar ons het emosies,” het hy gesê in ’n toespraak wat die uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, namens hom voorgelees het.
“Dit is normaal en reg om soms nie oukei te voel nie. Ons moet oopmaak, met iemand praat en om hulp vra,” het hy gesê.
Selfdoodvoorkomingsmaand – wat vandeesmaand herdenk word – word vanjaar gehou onder die tema “Skep hoop deur optrede”.
Shangula het gesê die druk wat talle mans voel om aan tradisionele idees van manlikheid te voldoen, kan lei tot onderdrukte emosies, gevoelens van isolasie en ’n onwilligheid om hul kwesbaarheid te wys.
“Dit is noodsaaklik dat ons besef dat krag nie sinoniem is met uithouvermoë van pyn en lyding nie. Moed word nie net in stilte gevind nie. Mans moet aangemoedig word om hul emosies te omhels, om hulp te soek wanneer dit nodig is en om te verstaan dat om uit te reik ’n teken van krag, nie swakheid is nie.”
Hy het bygevoeg daar word té veel verwagtinge aan mans gestel om veelvuldige rolle te vervul, wat ֹ’n tol op hul geestesgesondheid kan eis en tot chroniese stres, angs en uitbranding kan lei, het hy gesê.
“Dit is noodsaaklik dat ons ’n omgewing skep waar mans bemagtig voel om hul uitdagings te deel en waar ondersteuningsnetwerke geredelik beskikbaar is.”
Volgens die psigiater dr. Moges Admassu is geestesgesondheidskwessies algemeen en tel saam met kardiovaskulêre afwykings en kanker as een van die land se grootste gesondheidsprobleme. Een uit elke vier mense ly aan geestesongesteldheid, het hy gesê.
Intussen het die Namibiese polisie ongeveer 615 selfdoodvoorvalle oor die afgelope 17 maande aangeteken, insluitend 485 mans en 107 vroue.
Admassu het gesê meer selfdoodvoorvalle word aangemeld onder gay mans, oorlogsveterane en diegene wat ’n lae inkomste verdien.
“Minder gegoede middeljarige mans is veral geneig om selfdood te pleeg,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat mans baie minder geneig is om moontlike simptome van gemoedsversteurings soos depressie te erken en aan te meld, en hul simptome as minder ernstig te beskou in vergelyking met vroue.
Simptome van depressie by mans sluit in om geïrriteerd te wees, skielike woede-uitbarstings en om meer beheer te verloor, neem meer risiko’s en is aggressief.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie